
Die bekende landbouer, Charl Saunderson, gesels vandag verder in sy reeks “Ons gesels bietjie boer”.
Loading player...
Charl Saunderson is ‘n leierboer in die Boesmanland, spesifiek die Kenhardt-distrik. Hy het hom die afgelope paar dekades onderskei as ‘n topteler van skape en deel sy kennis met mede-landbouers. Hy gesels vandag verder oor die aanstelling van die regte personeel. Saunderson verduidelik hoe om die winsgewendheid van die skaapkudde te verhoog. Met ander woorde wat is die eienskappe waaraan die ramme moet voldoen om die kudde vooruit te vat.