
Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week effens opwaarts gestyg teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het weer redelik stabiel gebly. Stoorlam- en lamspryse het weer skerp gestyg en is byna 17% meer as verlede jaar in dieselfde tyd. Hoenderpryse het ook verder gestyg terwyl varkpryse oor die algemeen hierdie week sywaarts beweeg het.