
Agri-Uur: 19 Mei, Hannetjie Human
Loading player...
Kameras op jou plaas, wat as veiligheidsmaatreël vir onder meer diefstal gebruik word, kan ook die lewe vir jou op ander maniere vergemaklik. Hannetjie Human, ‘n suksesvolle Brahman-boer uit die Kaallaagte-omgewing in die Vrystaat, sê sy kan op die kameras sien wanneer haar dam vol is en dan haar selfoon gebruik om pompe af te skakel. OFM-nuus se Elsabé Richard het met haar oor uitdagings sowel as die gebruik van tegnologie gepraat…