
Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week wipplank gery teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het weer redelik stabiel gebly. Stoorlam- en lamspryse het skerp gestyg. Hoenderpryse het ook effens gestyg terwyl varkpryse oor die algemeen hierdie week gedaal het. Bokpryse het ook gewissel die afgelope week. Wolpryse het intussen weer gestyg.