
Kom Ons Praat 'n Bietjie Boer saam met Charl Saunderson
Loading player...
Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer van die Kenhardt-omgewing in die Noord-Kaap. Charl is nie net ‘n bekende Dorper-teler nie, maar ook ‘n landboukonsultant, -adviseur, berader, sakeman en raadgewer. Charl deel sy kennis van die landbou-omgewing in die volgende paar weke en in vandag se aflewering beantwoord hy die vraag of die landbou nog relevant is. Hy vertel hoe hy in die sektor beland het en wat hom elke dag inspireer.