
Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse sowel as stoorlampryse het redelik stabiel gebly. Hoenderpryse het effens gedaal en varkpryse het oor die algemeen stabiel gebly, maar bokpryse styg as gevolg van goeie vraag. Wolpryse het intussen weer gestyg.