
Nog goeie nuus in die suiwelbedryf
Loading player...
Lactalis, Suid-Afrika se Gouda, wat vir 10 maande verouder is, is onlangs vir die derde jaar agtereenvolgens aangewys as Suiwelproduk van die Jaar. Die spesifieke Gouda was een van 900 suiwelprodukte van 68 vervaardigers wat meegeding het om die aandag van 60 beoordelaars. Verder berig die nuusagentskap Reuters, dat die hoeveelheid kaasverkope in Frankryk verlede jaar met meer as 8% gestyg het in die pandemie-tydperk, met mozzarella wat ‘n toename van 21% getoon het.