
Ontstaan van rosyntjies in die wereld en in Suid-Afrika
Loading player...
Volgens die geskiedenis is die eerste druifspesie alreeds 6000 v.C gekweek en dit het in die suide van Frankryk ontstaan. Die Egiptenare was weer onder andere van die eerste mense wat rosyne regoor die Westerse wereld gewild gemaak het. In 2000 v.C het die Egiptenare en Perse rosyne begin benut toe daar ontdek is dat gedroogte vrugte langer hou, soet is en boonop lekker smaak. In Suid-Afrika is rosyne se bemarking en uitvoere in die vroee 1930’s gereguleer deur ‘n Raad daarvoor te stig.