
Landbou-ekonoom van die NWU, Dr Johnny van der Merwe, gee die jongste kommoditeitspryse.
Loading player...
Senior landbou-ekonoom van die NWU, Dr Johnny van der Merwe, noem dat die rand die afgelope week weer verswak het teenoor die dollar. Intussen het speenkalfpryse gestabiliseer. Slagpryse kan na die Paasnaweek weer begin daal. Varkpryse en produsente is steeds onder druk. Wat wolpryse aan betref, was daar ‘n effense daling. Die swakker rand kan ook ‘n invloed uitoefen op pryse. Graanpryse het effens gedaal, asook sojabone.