
PM gesels oor ‘n interessante inligtingstuk wat die stresfaktore verduidelik van diere in ‘n voerkraal.
Loading player...
Stres by diere in voerkrale is ‘n onvermydelike faktor wat reg bestuur moet word. Algemene stressors, soos speen, vervoer oor lang afstande, nuwe omgewings en vele ander faktore, kan veroorsaak dat diere in die eerste paar dae van voer, ‘n swakker eetlus toon en die diere ook meer vatbaar kan wees vir infeksies. Dit kan selfs tot siektes en vrektes lei. ‘n Paar belangrike wenke vir voerkraaleienaars word verder toegelig, byvoorbeeld wat tydens ontvangs van diere in plek gebring moet word.