
Agri-Uur: 24 Maart, Friedl von Maltitz
Loading player...
Die gemeenskap van Ficksburg, wat verlede week betoog het teen die toestand van paaie in en om die dorp, sê hulle is tevrede met die reaksie wat hulle ontvang het van die plaaslike regering. Friedl von Maltitz, ‘n boer en streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), sê dit volg nadat die LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, Sam Mashinini, Ficksburg besoek het om na inwoners se griewe oor paaie in die omgewing te luister. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…