
Landbou-ekonoom van die NWU, Dr Johnny van der Merwe, gee die jongste kommoditeitspryse.
Loading player...
Senior landbou-ekonoom van die NWU, Dr Johnny van der Merwe, noem dat die rand die afgelope week versterk het teenoor die dollar. Intussen het speenkalfpryse gedaal. Stoorlampryse het gestyg en opwaartse pryse word vir Mei-maand voorspel. Hoenderpryse kan ook begin daal na Julie-maand, so ook varkpryse en produsente is onder druk. Wat wolpryse aan betref, was daar ‘n effense styging, maar die sterker rand kan dit onder druk plaas. Graanpryse het intussen effens gedaal.