
PM berig oor interessante wolnuus, onder andere ‘n wereldrekord vir vroue in skaapskeer.
Loading player...
Die wêreldrekord vir vroue in skaapskeer is onlangs behaal deur ‘n 24-jarige jongdame uit Nieu-Seeland. Sy het in 9 ure 661 lammers geskeer, wat 13 meer is as die vorige rekord in 2007. Dit beteken dus dat sy elke lam in onder 50 sekondes geskeer het. Fibre2Fashion berig verder oor British Wool wat kostebesparingsmaatreels toepas om steeds maksimum waarde vir wolprodusente te bied.