GROOTfm 90.5 Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae “Vibes” is die ideale program vir ‘n bietjie lag en lekker geselskap na ‘n lang dag van werk, swot of sommer net lê en niks doen nie. Venita bring jou week se “vibe” en hou jou op hoogte van nuwe musiekvrystellings en gesels met dié opkomende kunstenaars. Daar word tong-in-die-kies verwys na allerdaagse lewenservarings wat partykeer net nie sin maak nie, en jy kry die kans om te ontspan, lekker te “chat” en na goeie musiek te luister. Die lewe is ’n gejaag, so kom ons vat dit rustig, tydens weeksdae “Vibes”!
Weekly English South Africa Music · Music Interviews
128 Episodes
1 – 20

#ALT-Fokus met Venita - Smokkelhuiz | 5 Maart

Smokkelhuiz was hierdie week Venita se #ALT-uitkyk op #ALT-Fokus. Johan en John het kom gesels oor wie Smokkelhuiz is en wat hulle wil hê hulle musiek moet vir mense beteken. Hulle nuutste enkelsnit 'Mure' is 'n herinnering dat al voel jy verlore - tussen God se mure is waar jy…
5 Mar 29 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Ben Rodrigues | 4 Maart

Ben Rodrigues gesels met Venita oor sy nuutste enkelsnit, 'Hazel Eyes'. Hy vertel vir Venita hoe hy uiteindelik gereed gevoel het om meet persoonlik te raak met sy musiek ek in verskillende genres in te delf.
4 Mar 15 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Dillon Vorster | 3 Maart

Dillon Vorster gesels met Venita oor sy nuutste enkelsnit, 'Dans Met My'. Hy gesels oor die moeilike besluit wat hy vroeg in sy loopbaan moes maar om weg te loop vanaf die industrie en toe later gehoop en bid het dat hy weer sy pad terug sal vind.
3 Mar 12 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Anton Edwards | 2 Maart

Anton Edwards gesels met Venita oor sy nuutste enkelsnit, 'You Don't Really Know Me'. Hy vertel hoe hierdie liedjie 17 jaar lank al saam met hom toer en hoekom hy nou eers gevoel het dit is die regte tyd om dit op te neem.
2 Mar 15 min

#ALT-Fokus met Venita - Tuin | 26 Februarie

Die talentvolle sanger en liedjieskrywer ‘Tuin’ is Venita se HOOFFOKUS in hierdie episode van #ALT-Fokus. Sy gesels oop en eerlik oor haar stryd met verslawing en hoe sy haar pad weer teruggevind het na die Here en na musiek. Sy vertel ook die storie agter haar nuutste enkelsnit, 'Weerlig' se…
26 Feb 35 min

#ALT-Fokus - Noa Milan | 12 Februarie

Noa Milan, een van SA se belowendste nuwe musiektalente, toer tans deur Pretoria met haar Die Rewolusie Toer en is geen vreemdeling vir GROOTfm-luisteraars nie. Sy gesels met Venita op #ALT-Fokus oor haar musiek en wat volgende wag.
12 Feb 30 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Oom Hendrik Potgieter | 11 Februarie

Weeksdae Vibes vier die liefde wat werklik die toets van tyd deurstaan het. Oom Hendrik Potgieter gesels met Venita oor sy 64jr huwelik met sy vrou Corrie. Hul liefdesverhaal begin in 1962 toe hulle nog baie jonk was — en ons hoor meer oor hul reis en die geheim agter…
11 Feb 11 min

#ALT-Fokus met Venita - Skuins Na Twee | 5 Februarie

Hierdie week sit Venita Skuins Na Twee op jou radar en op jou speellys! Jacobus 'Roof' Brink gesels oor sy nuwe projek wat hy saam met Dirk Schenck aanpak. Hy vertel meer oor hulle eerste enkelsnit 'Bella Boklam' en planne vir nog musiek die jaar.
5 Feb 21 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Casey Lowery | 2 Februarie

Casey Lowery gesels met Venita oor sy spontane besluit om weer vir die mense van Suid-Afrika te kom kuier.Hulle gesels oor hoe hy musiek en sosiale media bestuur, EN die storie agter sy nuutste enkelsnit "DEEP".
2 Feb 20 min

#ALT-Fokus - Thys Nortje | 29 Januarie

Hierdie week se HOOF FOKUS is Thys Nortje. Hy gesels oor sy liefde vir musiek en hoe hy gegroei het die afgelope paar jaar. Hy kom deel ook sy nuutste enkelsnit 'HOE MOOI' met Venita.
29 Jan 30 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Rock The Boat | 27 Januarie

Hulle is TERUG om die VIBE in #WeeksdaeVibesMetVenita te sit! Rock The Boat is Venita se eerste gaste vir #CountryVibes vir die jaar en hulle vat die tyd om te gesels oor wat hulle mee besig was, watter opwinde projekte vir hulle voorlê, EN OOK hulle nuutste enkelsnit 'BEFORE WE…
27 Jan 20 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - theGemini | 26 Januarie

theGemini is 'n nuwe duo wat op pad is om Suid-Afrika plat te sing! Morné Strampe het by #WeeksdaeVibesMetVenita kom inloer terwyl die ander helfte van theGemini ,Stef Munteanu, vanaf Londen ingeskakel het om saam te gesels oor hul eerste toer in Suid-Afrika en hulle enkelsnit 'Let There Be Dragons'.
26 Jan 15 min
1 – 20