GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
543 Episodes
320 – 340

#DieGrootTrek - Counting Crows Interview

Hulle was laas in 2008 in Suid-Afrika en hulle is oppad terug. Doepie en Nina gesels met Adam Duritz die hoofsanger van Counting Crows oor hulle 30 jaar in die industrie en ook hoe dit voel om ouer te wees en op toer en sy liefde vir kosmaak gedurende lockdown!
13 Apr 2023 8 min

#JouGrootKuier - Wikus Bothma

Hy was lanklaas saam ons in die ateljee maar Wikus is terug met n splinternuwe enkelsnit genaamd "Kleintjie". Ons vind ook uit hoe sy liefde vir melktert bak in lockdown gemaak het dat hy sy vrou ontmoet en hulle groot reis-planne vir die jaar.
12 Apr 2023 26 min

#DieGrootTrek - My name is Reeva skrywer Justin Strydom

Die nuwe 3 episode storie op showmax genaamd "My Name is Reeva" vertel die Oscar Pistorius storie van June en Barry Steenkamp se kant af as ouers wat 'n kind verloor het. Nie net dit nie maar daar word ook gekyk na die weergawes van die gebeure wat daai aand…
11 Apr 2023 26 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van Mpho Kwena (Lugmag)

Het jy al ooit gewonder of die Suid-Afrikaanse lugmag steeds bestaan? Hoeveel van ons vliegtuie is steeds in werking en wat presies doen die lugmag. Mpho is 'n kommunikasie beampte vir die lugmag en sy vertel ons meer van wie kan betrokke raak, wat die stand is van sake by…
3 Apr 2023 32 min

#JouGrootKuier - Bernice West

Die super talentvolle Bernice West kuier vandag saam Doepie & Nina. Nie net sing die dame vir n lewe nie maar sy dans en speel ook toneel. Ons vind meer uit oor haar passies en die groot kompetisie waar haar fans saam haar op toer kan gaan Dubai toe later…
29 Mar 2023 33 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Begrafnisondernemer

Lize Bothma is 'n begranisondernemer en sy vertel ons vandag meer oor haar beroep en waarom sy besluit het om die roete te volg. Dit vat 'n baie spesiale soort persoon om die werk te doen met die liefde en omgee soos sy dit doen veral wanneer daar soveel oomblikke…
27 Mar 2023 34 min

#DieGrootTrek - Madie van A Strangerkind

Madie het so paar jaar terug n platform met die nie naam ASK (A StrangerKind) gestig wat n veilige spasie is vir normale mense om enige vrae te vra aan mense met verskillende talente of uitdagings. Ons goeie nuus Vrydag storie vertel meer van haar platform en hoe dit geneesing…
24 Mar 2023 21 min

#JouGrootKuier - Danny Smoke

Op die vooraand van die Theuns Jordaan Tribute show kom kuier Danny smoke by ons. Nuuskierig om te hoor wat die jaar vir hom inhou en hy gee ook bietjie advies aan al die jong bands wat wil inskryf vir Battle Of The Bands as een van die land se…
22 Mar 2023 34 min

#DieGrootTrek - Thys van Zyl (Everest Wealth Management)

Die eerste kwartaal van die jaar is verby en Thys kom loer in om ons te vertel wat gebeur het asook watse finansiele krisis huidiglik in Amerika afspeel. Ons gesels ook oor Krediet kaarte en of dit voordelig of nadelig is en hoe ons dit moet gebruik.
21 Mar 2023 29 min

#JouGrootKuier - Sophie Lejava (Georgia)

Die Groot Kuier regstreeks uit Bakuriani Georgia vandag met een van hulle grootste uitvoer produkte. Sophie Lejava is n klasieke pianis maar hou haar lyf ook aktrise en het groot naam gemaak op X-Factor in Georgia. Sy kuier vandag regstreeks saam Doepie en Nina.
15 Mar 2023 29 min

#JouGrootKuier - Len Muller

Die branderplank seun Len Muller kuier vandag by ons in die ateljee en bederf ons met n verwerking van My Sarie Marais wat tot Stef Bos se asem weggeslaan het.
8 Mar 2023 32 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem (Woord Rampe)

Soms maak woorde baie meer skade in n huwelik of verhouding as wat 'n mens verwag. Liezel van Intiem kom kuier saam Doepie en Nina vandag om hierdie woord rampe te identifiseer en hoe om dit te voorkom.
7 Mar 2023 27 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van (Voedsel Tegnoloog Nicola)

Al ooit gewonder hoe daar besluit word op die geur van n koeldrank of energy stafie. Wel dit is hoekom daar mense soos Nicola is wat help om die perfekte produk te ontwerp vir jou. Ons vind uit wat die geur is van die GrootTrek en toets Doepie en Nina…
6 Mar 2023 32 min

#JouGrootKuier - Neil Somers & Adam Tas

Die twee vleisvreters kom kuier in die ateljee om te gesels oor die nuwe enkelsnit en musiek video Vleisvreters. Doepie en Lise het ook besluit om te kyk of die manne n afrikaanse weergawe kan doen van Bruce Springsteen se Im on fire.
1 Mar 2023 34 min

#DieGrootTrek - Cilliers Brink (Tshwane Burgermeesters Kandidaat)

Met die onlangse bedanking van voormalige Burgermeester van Tshwane, Randall Williams, is Cilliers Brink die kandidaat wat voorgesit is om die pos oor te neem. Hy dra ook die goedkeuring van die koalisie weg en het in die ateljee kom kuier om vir Doepie en Lise te vertel wie hy…
23 Feb 2023 36 min

#DieGrootTrek - Dr. Wladyslaw Altermann oor Natuur Rampe

Die laaste paar weke het ons ongelooflike reen en vloede gesien. Daar is ook aardbewings en tornados in die nuus bespreek. Dr. Altermann het met ons gesels oor wat al hierdie toestande veroorsaak en of die mensdom blameer kan word daarvoor asook hoe ons dit kan verbeter vir die volgende…
21 Feb 2023 19 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van (Lugwaardin - Daniella Milani)

Daniella is al vir die laaste 8 jaar n lugwaardin en kan ons meer vertel van wat presies agter die skerms aangaan voor ons op n vliegtuig klim. Dit is nie net altyd glitz and glamour nie en soms moet hulle goed doen wat buite hulle karakter val, maar steeds…
20 Feb 2023 34 min
320 – 340