GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
543 Episodes
160 – 180

#DieGrootTrek - Liezel van Intiem

Liezel het weer kom inloer om 'n luisteraars brief te ontleed met opinies deur haar paneel van professionele mense. Ons nuwe insetsels genaamd "Liewe Liezel" Gee luisteraars die kans om hulle huweliks probleme en vrae te deel en dit word dan bespreek en raad gegee. Indien jy 'n vraag het…
21 May 2024 31 min

#DieGrootTrek - Wat moet jy weet voor jy stem?

Doepie en Nina gesels vandag met Wellington Radu van Futurelect. Hulle gee leiding aan toekomstige politiese leiers veral in die jeug stadiums en wil ook die gewone persoon op straat meer kennis gee oor hoe om te stem, wat jy moet weet en hoe die stemdag gaan uitdraai as dit…
20 May 2024 11 min

#DieGrootTrek - Hettie Brittz (Kweek kinders met karakter)

Hettie gesels op die GrootTrek vandag oor haar nuwe boek, Kweek Kinders met Karakter. Die boek beantwoord vrae soos: • Is daar Boomsoorte wat beter is as ander? • Wat kan my persoonlikheid verander? • Wat as ek of my kinders twee of drie Bome gelyk is? • Hoe gebruik…
16 May 2024 24 min

#DieGrootTrek - Louis Van Der Watt - Atterbury (Ek Verkies SA)

Hy is een van ons land se mees prominente besigheidsmanne. Sy maatskappy doen besigheid reg oor die wereld en Louis kan kies om enige plek in die wereld te woon my hy verkies steeds Suid-Afrika. Ons het met hom gesels oor geleenthede in SA en waarom hy nie nog nie…
14 May 2024 23 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van (Bye Boer)

Doepie was lanklaas so opgewonde oor n onderhoud soos die een met Tharina wat n byeboer is. Daar is soveel wat bye vir die planeet beteken en Tharina vertel ons van nie net hoe hard hulle werk nie maar ook hulle lewens siklus, hoe mens met bye moet werk, hoekom…
13 May 2024 35 min

#DieGrootTrek - Danny Smoke Enkelsnit (Stadig)

Danny se eerste vol album het uitgekom in 2019 en hy het die kitaar en pen weer afgestof vir iets nuut. Hy kom kuier vandag om te gesels oor sy musiek loopbaan as solo kunstenaar en wat die nuwe "Danny Smoke" klank inhou met die vrystelling van sy nuwe enkelsnit…
10 May 2024 31 min

#DieGrootTrek - Eloff kom kuier

Doepie en Nina kom bietjie agter die kap van die byl rakende die "Prins van Potch" titel wat Eloff mee rondgeloop het. Ons gesels ook bietjie oor sy nuwe musiek en hoe hy bietjie meer sy ander kant wys op die nuwe liedjies.
9 May 2024 26 min

#DieGrootTrek - Per Gessle van Roxette

'n Bekende naam in elke Suid-Afrikaanse huis is Roxette. Per Gessle gesels met Doepie en Nina oor hulle Toer na SA in 2025 wat pas bekend gemaak is en vertel ook bietjie meer oor hoe die groep ontstaan het en hoe hulle musiek verander het oor die jare.
3 May 2024 13 min

#DieGrootTrek - Thys van Everest Wealth

Elke laaste Dinsdag van die maand gesels ons met Thys van Zyl van Everest Wealth Management alles finansies op GROOTGELD! Met praktiese advies en 'n maklike manier om komplekse geldsake te verduidelik is dit altyd n fees met Thys in die ateljee.
30 Apr 2024 35 min

#DieGrootTrek - Elandre

Wat 'n voorreg om die man homself saam ons in die ateljee te hê. Elandre kom kuier op die Groot Trek vanmiddag met van sy ouer liedjies akoesties en ook n splinternuwe enkelsnit wat hy bekendstel. Jy wil nie die man se talente misloop nie.
26 Apr 2024 32 min

#DieGrootTrek - Graham Coetzer oor sy boek Hunting with the Hawks

Die Valke, Suid-Afrika se elite-misdaadbestrydingsmag, het talle van ons ergste misdadigers agter tralies geplaas. In hierdie boek bied die ondersoekende joernalis Graham Coetzer ons 'n seldsame kykie in die geheimsinnige wêreld van hierdie top polisie-eenheid. Terwyl die listigheid van Suid-Afrika se gevaarlike misdadigers blootgelê word, is Hunting with the Hawks…
23 Apr 2024 36 min

#DieGrootTrek - Dr. Lizelle Grobler (Sien sonder jou oë)

Glo dit of nie, sien sonder om jou oë te gebruik is moontlik. Dr. Lizelle Grobler, wat ook 'n gesertifiseerde profileerder en forensiese psigofisioloog met 'n PhD in Metafisiese wetenskap is, was vir 'n 10-dae opleidingsessie in Duitsland in November'23, waar sy meer geleer het oor hierdie ontsagwekkende, fassinerende verskynsel…
16 Apr 2024 31 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Brandweerman

DIe movies verf 'n hele ander prentjie van die brandweer. Die manne en dames haal nie net katte uit die boom nie, hulle is betrokke by so baie nooddiens aspekte. Jas Kruger van Sentraal Hoofkwartier is al 37 jaar in die bedryf en kom gesels met ons oor sy beroep…
15 Apr 2024 36 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem

Ons nuwe segment met Liezel van Intiem genaamd "Liewe Liezel" is baie populer en ons kry ongelooflik baie luisteraars vrae. Vandag se vraag aan Liezel en die paneel gaan oor 'n paartjie wat bymekaar verby leef en wat daar gedoen kan word om hierdie huwelik om te draai.
11 Apr 2024 33 min

#DieGrootTrek - Departement van Basiese Onderwys (ECE Toolkit)

Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die "ECE Toolkit", 'n geslagsideologie en geslagsidentiteitsopleidingsprogram vir primêre en pre-primêre onderwysers, en by uitbreiding, vir primêre en pre-primêre skoolkinders, in die geheim bekendgestel. Die DBO het sy standpunt gestel dat openbare deelname nie vereis word nie en dit word ook nie oorweeg…
9 Apr 2024 35 min
160 – 180