GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
628 Episodes
100 – 120

#DieGrootTrek - Deep Blue boek deur Verushka De Vita

Doepie en Nina gesels met skrywer, Verushka De Vita, oor haar liefdesbrief aan die oseaan, Deep Blue. Hulle praat oor alles van Free Dive, swem in antarktika en hoekom swem en water goed is vir jou gemoed.
8 Jul 24 min

#DieGrootTrek - Bernice West

Die lieflike Bernice West het kom kuier om bietjie te gesels oor haar nuwe lewe as jong mamma. Sy vertel ons ook van nuwe musiek en Doepie en Sonet deel bietjie lekker advies met haar.
3 Jul 20 min

#DieGrootTrek - GrootGeld Aftrede (Deel 2)

In die maand se GrootGeld wat met trots geborg word deur PSG Silverlakes gesels Jan en Denise met ons oor die oorlog tussen Israel en Iran en wat dit in markte gemaak het asook die vervolging van die gesprek wat hulle met Nina gehad het oor hoeveel jy nodig het…
24 Jun 37 min

#DieGrootTrek - Mans Geestesgesondheid Bewusmaking

Dit is Mans Geestesgesondheids-bewusmakings maand en sielkundige, Dr Emsie Fuhri, het kom gesels met Doepie en Nina oor mans wat lei aan trauma en depressie en praktiese raad gegee oor hoe om uit die gat uit te kom en hulle geestegesondheid te verbeter.
19 Jun 36 min

#DieGrootTrek - Dr Jackie Kleynhans

Doepie en Nina gesels met Epidemioloog, Dr Jackie Kleynhans van die Nasionale Instituut vir oordraagbare siektes, oor die nuutste Covid en griep variante en of ons bekommerd moet wees of nie.
17 Jun 16 min

#DieGrootTrek - Chris Bertish

Chris Bertish staan reg in California om n reis van tussen 18-23 dae aan te pak sonder enige hulp of bystand na Hawaii. Hy vertel ons waarom hy dit doen en wie baat gaan vind hierby.
13 Jun 15 min

#DieGrootTrek - Booshle G

Dis sy eerste kuier by GROOTfm en Booshle G het kom gesels oor sy nuuste enkelsnit, Bestlife, op die GROOTTrek saam met Doepie en Nina
12 Jun 30 min

#DieGrootTrek - Corli Prinsloo Winter Kos

Chef Corli Prinsloo het die GrootTrekspan, Doepie en Nina, kom bederf met 'n warm winter tamatie bees bredie en ook wenke gedeel hoe om lekker warm te eet hierdie winter…
10 Jun 32 min
100 – 120