Vir baie mense is die boek Openbaring geslote. Steven Bresler help gelowiges om die visoene en ander sake in die boek te begryp. Altus Venables vertel van die besondere verhouding wat hy met sy vader het.
Amira Willighagen het op nege jarige leeftyd reeds die harte en verbeelding van die wêreld aangegryp met haar verruklike sang. Sy is nou negentien jaar oud, sing steeds net so mooi maar neem ook tyd om minderbevooregte kinders te vermaak.
Te midde van die snerpende koue reik Bloemfontein betekenisvol uit na behoeftiges. Daardie eerste toets by die skool kan angs veroorsaak. Luister na Zuleka Smit as sy vertel van haar pennevrug, Ben en die groot toets.
Wat het Paasfees met Suid Afrika en sy problematiek te doen. Is daar hoop. Dr Viljoen en ds Bezuidenhout gesels met groot entoesiasme oor ons mooi land en sy toekoms.
Soos in baie ander gemeenskappe het die burgery van Kimberley lank genoeg gewag dat dinge verander. Ywerige medewerkers maak korte mette van uitdagings soos skoonmaak, plant, herstel en mooi maak.
Jannie Pelser gesels met dr. John Bosman wat in die VSA woon ( Texas) en betroubare inligting gee oor die herlewing onder studente in Willmore, Kentucky.
Die begin van `n nuwe era - so word na platvorms soos Chat GPT verwys. Prof. Kobus Kok, di. Rudie Swanepoel en Marileen Steyn gesels oor die moontlikhede en voorbehoude van sg. KI
`n Openhartige gesprek met Jean Pelser en Guillaume oor geestesongesteldheid. `n Moet luister.
5 Feb 2023
47 min
120 – 140
Agree to storing cookies on your device.
PreferencesAccept all
×
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.