Radio Pulpit Inspirasie saam met Lynette Beer

Inspirasie saam met Lynette Beer

Inspirasie saam met Lynette Beer is 'n klein, maar kragtige potgooi op Radio Kansel tydens Goeie Nuus Tyd elke Donderdag oggend. Dit is een van ons luisteraar se hoogtepunte van die week. Onderwerpe fokus meestal op verhoudings, met God, mekaar, en self.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Relationships
244 Episodes
180 – 200

Sekerheid in onsekerheid

Om sekerheid te hé in tye van onsekerheid. Lynette Beer vertel hoe Jonatan dit gedoen het in 1 Sam 14:6.
11 Aug 2021 4 min

Van paniek tot vrede

Lynette Beer hanteer vandag die tema: "Van paniek tot vrede" deur te verwys na die toneel in Getsemane, toe Jesus bloed gesweet het by die vooruitsig van Sy kruisiging.
28 Jul 2021 4 min

Sien selfregverdiging vir wat dit is

Lynette Beer verduidelik hoe selfregverdiging 'n masker is vir onvergewendgesinsheid en 'n versoeking om onsself te laat geld en buite God se perspektief te lewe.
14 Jul 2021 4 min

Raadpleeg God eers!

Ons ken die gesegde, "'n Boer maak 'n plan" maar Lynette Beer moedig jou aan om God eers te raadpleeg voor jy uit die blokke spring! Sy stuur ons Joshua 9:14 toe om die punt te illustreer.
7 Jul 2021 5 min

Die waarde van gesonde gedagtes

"Ek sukkel met hierdie COVID-19 monster; dit steel my vryheid, my mense, my inkomste. Hier is wat die Here vir my gesê het toe ek onbeskaamd by Hom my hart uitstort.
29 Jun 2021 4 min

As ek die duiwel was

FILIPPENSE 4:8-13 verwys na alles wat ons as Christene moet bedink, en Lynette Beer verduidelik vir ons hoeveel moeite satan sal doen om te verhoed dat ons dit regkry.
23 Jun 2021 4 min

Binne in jou lewensstorm

Lynette Beer vat jou na Handelinge 27 om te verduidelik wat om te doen wanneer jy jou midde in jou lewensstorm bevind.
16 Jun 2021 5 min

Vra vergifnis en gaan aan

Lynette Beer verduidelik hoedat skuldgevoel jou by belydenis moet bring sodat jy vergifnis kan ontvang en vry voort kan gaan. Dit moet jou nie bly ry nie. Jesaja 43:25 staaf haar punt.
9 Jun 2021 4 min

Vertrou op wat jy het

Lynette Beer verduidelik dat dit maklik is om te fokus op wat mens nie het nie, maar die Here gee jou alles wat jy nodig het om te doen wat Hy wil he jy moet bereik elke dag. Simson bewys dit en EFESIËRS 2:10 sê ook: Nee, God het ons…
25 May 2021 4 min

Hoe om in die Here se voetspore te loop

Lynette Beer verduidelik uit Romeine 8:6 hoe die die Here se manier van dink lei na lewe, en hoe vleesdenke lei na die dood. So wat jy bedink is uiters belangrik.
19 May 2021 4 min

Woestynmentaliteit

Lynette Beer verduidelik hoe mens jou kan bly vaskyk teen jou verlede, in plaas daarvan om uit te reik na God se toekoms vir jou lewe. Mens noem dit 'n woestynmentaliteit net soos die Israeliete in Deut. 1:6 gehad het.
12 May 2021 4 min

Dink na, oor wat jy dink

Lynette Beer moedig ons aan om dit waaraan ons dink te oordink. Sy verwys na Ps 143:4-5 om uit te wys hoe Dawid sy gedagtes verskuif het vanaf sy probleme, na hoe getrou die Here al in die verlede vir Hom deurgekom het.
5 May 2021 4 min

Voor of agter die kruis?

Staan jy voor of agter die kruis want dit bepaal die lens waardeur jy na die lewe kyk.
27 Apr 2021 4 min

Vry om eerlik te wees

Lynette Beer rig ons op die pad na volkome vryheid, die vryheid om eerlik te kan wees, en die vrede wat saam met daardie vryheid kom uit 1 Joh 1:9.
21 Apr 2021 4 min

Wat om te doen as jou emosies amok maak

Lynette Beer deel hoe mens se onbeheersde emosies jou op 'n baie selfsugtige plek kan bring. 1 Petrus 3: 8-12 wys ons hoe om dit te oorkom vir ander mense se onthalwe.
14 Apr 2021 4 min

Daar is loon na lyding

Lynette verduidelik dat jy sal jou moet blootstel aan uitdagings as jy hoop om ooit uit te styg. 2 Sam 10:1-5 illustreer die punt.
7 Apr 2021 4 min

Iemand moes vra

Lynette Beer verduidelik hoe iemand die vra-werk moes doen om Jesus daar te kry om Lasarus uit die dood uit op te wek. Die storie word vertel in Johannes 11, want soms onderskat ons ons gebedsrol in die lewens van die wat dit so nodig het.
30 Mar 2021 4 min

In die hande van 'n doodgewone vrou

Lynette Beer vertel hoe Deborah voorspel het dat Jael ('n doodgewone vrou) vir Koning Síseria in Rigters 4 om die lewe sou bring, en so vir Israel oorwinning sou verseker.
24 Mar 2021 5 min

Woorde het krag

Lynette Beer gesels oor die skeppende krag van woorde en verwys na Spreuke 18:21 - Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
17 Mar 2021 4 min

Hopeloosheid

Lynette Beer verduidelik hoe jou persepsie van God se karakter dit moontliker maak om Hom te vertrou wanneer jy op jou laagste is. Sy haal aan: JESAJA 40:11 (AFR53) Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors…
10 Mar 2021 4 min
180 – 200