Radio Pulpit Inspirasie saam met Lynette Beer

Inspirasie saam met Lynette Beer

Inspirasie saam met Lynette Beer is 'n klein, maar kragtige potgooi op Radio Kansel tydens Goeie Nuus Tyd elke Donderdag oggend. Dit is een van ons luisteraar se hoogtepunte van die week. Onderwerpe fokus meestal op verhoudings, met God, mekaar, en self.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Relationships
244 Episodes
160 – 180

Die Rowwe Seisoen

Lynette Beer verduidelik aan die hand van Matt 14 hoedat dit nie saak maak wie se skuld die storm is nie, die Here die een is wat jou veilig en sterker daardeur bring.
26 Jan 2022 4 min

Verander jy eers!

Lynette Beer verduidelik uit Jeremia 29:11 hoedat die Here goeie planne vir jou het, maar hoe jou eie houding dalk in die pad daarvan kan kom
12 Jan 2022 4 min

Kom asb daaroor

Lynette Beer gaan haal haar punt vandag in Romeine 8:28, om te verduidelik hoe ons nooit vorentoe sal kan beweeg, as ons weier om die verlede te laat gaan nie.
9 Dec 2021 5 min

Die klere wat jy aangee

Lynette Beer deel aan die hand van Eksodus 29 en Numerie 20, hoe belangrik die "klere" is wat jy aangee aan ander.
8 Dec 2021 4 min

Die Abigail in jou lewe

Lynette Beer verduidelik aan die hand van 1 Sam 25 hoedat Abigail David verhoed het om 'n verkeerde besluit te neem, en hoedat elkeen van ons so iemand in ons lewens nodig het.
1 Dec 2021 5 min

Kom uit jou hok uit

Lynette Beer verduidelik hoedat ons kies om agter selfopgelegte tralies te bly, selfs al is ons nuut en vry.
16 Nov 2021 5 min

Jou pêrels

Lynette Beer verduidelik Spreuke 27:17 se yster-slyp-yster waarheid, hoedat dit 'n irritasie vat om 'n pêrel, en jou pêrel ook, te vorm.
10 Nov 2021 4 min

Maak jou wêreld kleiner

Lynette Beer verduidelik aan die hand van Spreuke 23:7 hoedat dit help om eers te fokus op die onmiddelike uitdaging, eerder as op al die probleme op een slag.
3 Nov 2021 4 min

Vra vir hulp

Jesaja 30:18 sê dat die Here ongeduldig daarop wag om ons genadig te wees, Hy verhef Hom om Hom oor ons te ontferm. So ons mag maar vir Sy hulp vra om deur onmoontlike goed te kom.
27 Oct 2021 4 min

Bestuur jou brein

Psalm 1:2-3 verduidelik hoe negatiewe gedagtes ons kan breek, maar hoe iemand wat die Here en Sy dinge dag en nag oordink, soos 'n boom sal wees wat by waterstrome geplant is.
20 Oct 2021 5 min

Bid groter

Lynette Beer verduidelik aan die hand van Jakobus 4:2 hoedat ons gebede moet aanpas by die Here wat ons dien... en baie groter kan word!
13 Oct 2021 4 min

Die Here loop jou vooruit

Lynette Beer verduidelik aan die hand van Spreuke 3:6 hoedat die Here jou vooruitloop om jou paaie gelyk te maak, wanneer jy Hom daarvoor vertrou. "Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak."
6 Oct 2021 4 min

'n Nuwe visie

Lynette Beer verduidelik aan die hand van 1 Johannes 2:6 hoe 'n nuwe visie... Sy visie... jou hele perspektief en selfs wie jy is kan verander.
29 Sep 2021 4 min

Die tjoepie storie

Lynette Beer verduidelik aan die hand van 1 Thessalonicense 5:23 hoe ons liggaam, siel en gees is, en hoe om jou tjoepie lekker vol te hou…
22 Sep 2021 4 min

God se onverstaanbare liefde

Lynette Beer verduidelik aan die hand van Hosea en sy liefde vir Gomer, sy profetiese prostituut vrou, net hoe onverstaanbaar en onverdiend die liefde van die Here is.
15 Sep 2021 5 min

Jou ankers

Lynette Beer verduidelik aan die hand van Paulus se storm in Handelinge 27:29, watter ankers ons deur ons eie storms stewig staande kan hou.
8 Sep 2021 5 min

Soek Allereers...

Lynette Beer verwys vandag na Mattheus 6:33 om te verduidelik hoekom dit sin maak om die Here se dinge eerste te sit, as jy sukses in die res van jou lewe soek.
25 Aug 2021 4 min

Leef moedig

Lynette Beer stuur jou na Joshua 1 om te lees hoeveel keer en hoekom die Here vir hom en die Israeliete beveel het om nie vreesagtig nie, maar moedig te wees.
18 Aug 2021 4 min
160 – 180