Radio Pulpit Inspirasie saam met Lynette Beer

Inspirasie saam met Lynette Beer

Inspirasie saam met Lynette Beer is 'n klein, maar kragtige potgooi op Radio Kansel tydens Goeie Nuus Tyd elke Donderdag oggend. Dit is een van ons luisteraar se hoogtepunte van die week. Onderwerpe fokus meestal op verhoudings, met God, mekaar, en self.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Relationships
245 Episodes
200 – 220

Hopeloosheid

Lynette Beer verduidelik hoe jou persepsie van God se karakter dit moontliker maak om Hom te vertrou wanneer jy op jou laagste is. Sy haal aan: JESAJA 40:11 (AFR53) Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors…
10 Mar 2021 4 min

Die belangrikheid van persepsie

Jou inspirasie vir vandag kom via Lynette Beer. Haar tema is "Persepsie" - Sy verwys na die spioene wat Moses uitgestuur wat presies dieselfde realiteit gesien het, maar met verskillende persepsies verslag daaroor gedoen het.
3 Mar 2021 4 min

God is vir ons

Lynette Beer verduidelik hoe belangrik dit is om te weet dat die Here vir jou is en nie teen jou nie, en watter verskil dit maak in jou lewe.
23 Feb 2021 4 min

Genoegsame Genade

Lynette Beer het 'n gawe om haar punt op 'n baie unieke manier oor te dra. So gordel vas... ons gaan vandag valskermspring!
17 Feb 2021 4 min

Elke mens het 'n wonderwerk nodig

Lynette Beer verduidelik hoe 'n mens se mees desperate oomblik, soveel keer juis die keerpunt word. Dit was so in Jesus se tyd en is vandag niks anders nie.
3 Feb 2021 4 min

Omstandighede vs gesindheid

Lynette Beer verduidelik dat ons omstandighede nie ons gesindheid moet bepaal nie, maar dat die teendeel juis waar is, en dat ons wel 'n keuse het.
27 Jan 2021 4 min

Ek, God en die onbekende toekoms

Lynette Beer inspireer jou vandag om te lewe met verwagting vir jou onbekende toekoms. As daar nou iemand is wat weet waarvan ons hier praat, is dit Abraham, wat blindelings moes vertrou en moes wegtrek, net omdat die Here gesê het hy moet.
20 Jan 2021 4 min

Die Dood... en dan?

Lynette Beer ondersoek wat gebeur na ons afsterwe na aanleiding van die Woord.
13 Jan 2021 4 min

Moedeloosheid is nie jou maat nie

Lynette Beer moedig jou aan om te kies om nie moedeloos of ongeduldig te wees nie. Sy sê dit is nie net moontlik nie, maar dat jy nie 2021 sonder daardie regte keuse kan aanpak nie.
6 Jan 2021 5 min

Wanneer n mens hoop gebeur dinge!

Lynette Beer verduidelik hoe hoop haar al deur die moeilikste tye gedra het, en hoe die Here al haar "hoop"/ geloof beloon het op Sy unieke manier.
9 Dec 2020 4 min

'n Nalatenskap wat tel

Lynette Beer motiveer ons om te lewe vir ander eerder as onsself, en om dit wat die Here vir ons gegee het, te gebruik om ander mee op te lig.
25 Nov 2020 4 min

5 Riglyne vir 'n gelukkiger lewe

Hoe gaan dit met jou innerlike mens? Is jy tevrede met jou lewe? Lynette Beer gee vir jou waardevolle riglyne oor hoe om werklike geluk te ontdek.
18 Nov 2020 4 min

Bitter Gebreinspoel

Lynette Beer sê dat net omdat ons lewenslank geleer is om negatief en ontevrede te wees, beteken nie dat ons nie eerder vergenoegd kan wees nie.
11 Nov 2020 4 min

Praat Here, Ek Luister

Lynette Beer inspireer jou dat jy nie nodig het om iemand anders te vra om namens jou te bid of te glo nie, Die Here wil van elkeen van ons self hoor.
2 Nov 2020 5 min

Is die belofte nog daar?

Lynette Beer spreek die twyfel aan wat intree as jy al lank moes wag vir 'n belofte wat die Here vir jou gegee het, en hoe mens dit hanteer.
28 Oct 2020 4 min

Herbedraad Jou Denke

Dankbaarheid is 'n sleutel tot 'n meer positiewe en gelukkige lewe en dit is iets wat mens doelbewus kan najaag. Lynette Beer deel met ons hoe en hoekom.
21 Oct 2020 4 min

Elia gee my moed

Uit Elia se lewe sien ons beginsels wat die oorwinning, neederlaag en herstel van die lewe van 'n Christen demonstreer. Lynette Beer bou jou vandag op met haar boodskap van inspirasie
15 Oct 2020 5 min

Jy Is Goed Genoeg

Die Here vereis van geen mens om foutloos te wees nie. Lynette Beer het vir jou 'n boodskap van hoop, liefde en inspirasie. Laat God toe om jou vandag op te bou.
8 Oct 2020 4 min

In die Hitte van die Stryd

Ons kom amper daagliks te staan in situasies waar dit maklik is om negatief of in woede te reaggeer. Lynette inspireer jou om kop te hou in die midde van die stryd
1 Oct 2020 4 min
200 – 220