100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,803 Episodes
780 – 800

Chroniese ambulanstekort in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga sê die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, moet aanvaar dat daar 'n chroniese tekort aan ambulanse in die provinsie is en iets daaromtrent doen. Jane Sithole sê nooddienste neem gevolglik baie lank om op noodgevalle te reageer. Die departement se jongste kwartaalverslag dui aan dat 100-persent…
3 Mar 2023 8AM 1 min

Vermeende smokkelaars is by Lebombo-grenspos vasgetrek

‘n Man van Zimbabwe en ‘n vrou van Mosambiek is Woensdag tydens ‘n stop- en deursoek operasie by die Lebombo-grenspos aangekeer in besit van vervalste goedere. Volgens die Valke was hulle vanaf Mosambiek na Suid-Afrika op pad. Klere en skoene met nagemaakte handelsmerke van Nike, Adidas, All Star, Chanel, Louis…
3 Mar 2023 7AM 1 min

Pa in Malalane sny glo baba se keel af

‘n 21-jarige man sal binnekort in die Nkomazi-landdroshof verskyn, na hy glo sy drie weke oue babaseuntjie keelaf gesny het. Volgens die polisie het hy Woensdag die kind by sy 15-jarige ma afgeneem in Middelplaas buite Malalane. Toe hy hom teen gisteroggend nog nie terugbesorg het nie, is die saak…
3 Mar 2023 3AM 1 min

Man kry lewenslank vir moord op die ma van sy kinders

# 'n Man is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op die ma van sy twee kinders. Moses Jabulane Gama (59) is Woensdag in die Chief Albert Luthuli-streekshof gevonnis. Hy het Ntombanyana Nkosi in Maart 2019 verskeie kere by haar vriend se huis geskiet. Hy het homself aan die polisie…
3 Mar 2023 3AM 1 min

Jongman verdrink toe hy 10-jarige kind red

‘n Jongman het gister verdrink toe hy ‘n 10-jarige seun van verdrinking gered het in die Mzinti-rivier in Tonga. Die 22-jarige Mpumi Ntiwane het saam met vriende visgevang toe hy en die kind besluit het om oor te swem. Die seun het in die moeilikheid beland en Ntiwane het hom…
1 Mar 2023 8AM 1 min

Die DA in Mpumalanga sê die provinsie moet ingryp in munisipaliteite

Die DA in Mpumalanga sê al 17 plaaslike munisipaliteite sowel as die drie distrikte kan nie behoorlike dienste lewer nie weens hul eie mislukking om gelde wat aan hulle verskuldig is, in te samel. Volgens Trudie Grovè-Morgan het die geld wat plaaslike owerhede gevolglik hul krediteure skuld tussen 2019/20 en…
1 Mar 2023 5AM 1 min

Plaasaanvalle steeds hoog, arrestasies en vertroue in polisie laag

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanoggend sy jaarlikse plaasmoordverslag vir 2022 bekendgestel. Volgens AfriForum is dit kommerwekkend dat slegs 33-persent van moordverdagtes in hegtenis geneem word. Volgens die verslag het die aantal plaasaanvalle die afgelope jaar afgeneem vanaf 415 aanvalle en 55 moorde in 2021 na 333 aanvalle en 50 moorde…
28 Feb 2023 6AM 1 min

DA sê die ANC buit die ramptoestand in Nkomazi uit

Die DA in Mpumalanga beskuldig die ANC-regering in Nkomazi-munisipaliteit daarvan dat hy die nasionale ramptoestand gebruik om kaders te bevoordeel. Nkomazi is ernstig geraak deur onlangse vloedskade wat tien lewens in die provinsie geëis het. Raadslid Nhlonipho Dlamini sê ‘n tydelike rampbestuursentrum is by Kamahlushwa-stadion opgerig met ‘n markiestent wat…
28 Feb 2023 5AM 1 min

Polisie red onwettige immigrante van mensehandel in Kamagugu

Negentien burgers van Bangladesh is gister deur die polisie in Kamagug van mensehandelaars gered. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die Ehlanzeni Intelligensie taakspan het die deurbraak gemaak. Die 19 mans was in 'n drie-slaapkamer huis en hul selfone is by hulle afgeneem. 'n 52-jarige Bangladeshi man wat as die huishoudster…
28 Feb 2023 1AM 1 min

Arrestasie gemaak na vrou en drie kinders se bylmoord in Piet Retief

‘n Verdagte is aangekeer wat na bewering ‘n vrou en haar drie kinders met ‘n byl doodgekap het in Piet Retief. Die polisie in Mpumalanga het Vrydag die liggame van die 47-jarige vrou, haar tweeling seuns van elf en haar sesjarige dogter in hul huis in Phola Park ontdek. Hulle…
27 Feb 2023 5AM 1 min

Meer as 'n miljoen-Rand se dagga is in Delmas gekonfiskeer

'n Plaaswag het vroeg Maandagoggend 'n vonds van meer as 'n miljoen-Rand se dagga op 'n plaas buite Delmas gemaak. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is die 344 kilogram dagga in 31 sakke versteek in 'n voertuig. Dit het 'n geraamde waarde van 1-komma-drie-miljoen-Rand. Dit volg na lede van die…
22 Feb 2023 1AM 1 min

Ruskampe weer oopgestel in die wildtuin

Verskeie ruskampe wat weens swaar reën en oorstromings in die Krugerwildtuin gesluit was, is gister weer oopgestel vir besoekers. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê Krokodilbrug, Onder-Sabie en Talamati-ruskampe is weer oop, na die watervlakke genoegsaam gedaal het. Verskeie grondpaaie in die suide van die park bly gesluit…
22 Feb 2023 12AM 1 min

Planne om laagwaterbrûe te lig

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane het Saterdag die gebiede in Mbombela en Nkomazi wat die ergste geraak is deur die onlangse vloede, besoek. Sy sê 'n tekort aan stormwaterdreineringsinfrastruktuur het tot verdere skade gelei. Hulle beplan om laagwaterbrûe te lig wanneer hulle herstel word.
20 Feb 2023 7AM 1 min

Premier sê bywette moet afgedwing word om toekomstige tragedies te verhoed

# Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê swak infrastruktuur en mense wat in vloedgebiede woon het die skade vererger wat aangerig is tydens die oorstromings die afgelope weke. Paaie, brûe, skole, huise, plase, en waterwerke is regoor Ehlanzeni-distrik beskadig. Skoolgaan is in Nkomazi ontwrig. Mtshweni-Tsipane het Saterdag die gebiede…
20 Feb 2023 7AM 1 min

Man aangerand na hy met vrou se liggaam in 'n sak betrap word

'n Man is gistermiddag in Barberton gearresteer na hy betrap is met die liggaam van 'n 19-jarige vrou in 'n swart plastieksak. Hy was glo besig om dit in 'n trollie na die Barberton-stortingsterrein te stoot toe verbygangers agterdogtig geraak het. Die 38-jarige verdagte moes deur die polisie gered word…
20 Feb 2023 1AM 1 min

LUR veroordeel groepsgeweld na drie glo gestenig is

Die waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Speedy Mashilo, het 'n beroep gedoen op gemeenskappe om nie die wet in eie hande te neem nie. Dit volg op die moord op drie mense in Vaalbank, na die liggaam van 'n vermiste agtjarige dogtertjie Saterdag in 'n pittoilet by hul huis…
20 Feb 2023 12AM 1 min

Grondpaaie in die suide van die Krugerwildtuin bly gesluit

Grondpaaie in die suide van die Krugerwildtuin bly gesluit vir besoekers weens grootskaalse oorstromings. Die hoofroete tussen Onder-Sabie en Skukuza bly ook gesluit, na dit op drie plekke ineengestort het. Die H1-1 tussen Pretoriuskop en Malalane is weer oopgestel, sowel as die Letaba laagwaterbrug. Besoekers is aangeraai om uiters versigtig…
17 Feb 2023 3AM 1 min

300 gesinne in Nkomazi ontruim weens oorstromings

Drie-honderd gesinne is in Nkomazi-munisipaliteit uit hul huise ontruim weens plaaslike oorstromings na volgehoude swaar reën. Grootskaalse skade is aan infrastruktuur in Nkomazi, Mbombela, Thaba Chweu en Bosbokrand aangerig. Die grootste impak word in Nkomazi gevoel met huise wat oorstroom en ineengestort het. Die woordvoerder van die plaaslike munisipaliteit, Cyril…
16 Feb 2023 5AM 1 min

Rampbestuurspanne bly op hoë gereedheid in die wildtuin

Die Krugerwildtuin sê hulle is dankbaar dat geen beserings aangemeld is tydens die oorstromings wat tans ervaar word nie. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê rampbestuurspanne bly op 'n hoë gereedheidsgrondslag en monitor die situasie. Die Krokodilbrughek is vanoggend oopgestel slegs noodvoorraad om die wildtuin te bereik en is nie oop vir…
16 Feb 2023 5AM 1 min

Nog reën vir die Laeveld voorspel

Na weke van volgehoue, swaar reën, verwag die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) dat dit vir nog 'n week sal voortduur. Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê dit behoort teen Saterdag weer te verskerp, met neerslag van meer as 20 milimeter wat verwag word in Limpopo en die Noorde van Mpumalanga. Dit behoort teen…
16 Feb 2023 2AM 1 min
780 – 800