DA oorweeg regstappe teen Thaba Chweu-munisipaliteit

Loading player...
Die DA in Thaba Chweu oorweeg dit om weer kriminele klagtes teen die plaaslike munisipaliteit te lê weens die verontagsaming van ‘n hofbevel wat verlede jaar teen hulle uitgereik is en ten opsigte van oortreding van omgewingswetgewing en hul versuim om te voldoen aan die voorwaardes soos vervat in die watergebruikslisensie.
Sonja Boshoff sê hulle is aanvanklik 'n boete van R10 miljoen opgelê, waarvan die helfte vir vyf jaar opgeskort is, na hulle op sewe klagte skuld beken het. Sy sê die rioolstortings gaan egter onverpoosd voort.
10 Mar 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min