Laeveld JOC sal Maandag se nasionale stilstand fyn monitor

Loading player...
Veiligheidsmagte het die EFF se beplande nasionale stilstand ‘n hoërisiko-status toegeken om ‘n herhaling van die Julie 2021-onrus te keer. Veiligheidshoofde het ingestem om ‘n groot polisiemag te ontplooi, met die weermag op bystand.
Die nasionale stilstand wat vir volgende Maandag geskeduleer is, sal deur die EFF gelei word met die African Transformation Movement en die vakbondfederasie SAFTU wat ook by hulle aansluit.
Frank Swanepoel sê die Laeveld JOC sal alle aktiwiteit die dag fyn monitor.
16 Mar 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min