100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,804 Episodes
1320 – 1340

Barberton vra vir dringende optrede oor brandbestryding

Inwoners van Barberton het ‘n dringende beroep gedoen op Mbombela-munisipaliteit om die dorp se brandweerdiens te herstel. DA-raadslid Philip Minnaar sê die jongste voorval gister, waarin ‘n huis op Brommers-plaas afgebrand het weens ‘n veldbrand, wys dat hulle nie meer so kan aangaan nie. Gelukkig kon die gemeenskap self die…
16 Sep 2021 7AM 1 min

Sanitêre doekie-produksiefasiliteit by Mataffin

Blossom Care Solutions het vandag ‘n sanitêre doekie-produksiefasiliteit by HL Hall & Sons in Mataffin geopen. Dit skep nie net volhoubare werksgeleenthede nie, maar verskaf sanitêre produkte waartoe sowat 30 persent van Suid-Afrikaanse meisies nie toegang het nie. Dit is veral weens finansies en word vererger deur stigma. Ahmed Motara…
15 Sep 2021 7AM 1 min

DA bedank Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder se uittredende hoof vir sy diens

Die DA in Mpumalanga sê hulle hoop die nuwe uitvoerende hoof van die Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder sal in Bheki Mlambo se voetspore volg. Die departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het aangekondig dat Mlambo aan die einde van Oktober, na 14 jaar, die tuig sal neerlê. Die DA se leier…
15 Sep 2021 6AM 1 min

Mpumalanga-man wat vrou verkrag en vermoor, kry twee keer lewenslank

‘n Man wat ‘n vrou verkrag en vermoor het toe hy haar ‘n saamrygeleentheid gegee het, is twee lewenslange vonnisse opgelê. Sbusiso Nkosi is Maandag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Breyten gevonnis nadat hy skuldig gepleit het. Hy het die 23-jarige Nomcebo Simelane op 5 September verlede jaar in sy…
15 Sep 2021 5AM 1 min

Vermeende dwelmhandelaar naby Barberton aangekeer

'n 27-jarige verdagte sal vandag in die hof verskyn op klagte van dwelmhandel. Hy is gister deur die Valke gearresteer op die pad tussen Badplaas en Barberton. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi het hulle inligting ontvang van 'n voertuig wat dwelms van Eswatini na Suid-Afrika vervoer het. Nege sakke dagga met…
14 Sep 2021 5AM 1 min

Nelspruit GPF bedank rolspelers wat saamwerk om onluste te voorkom

Die Nelspruit-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het die verskillende rolspelers in die Laeveld bedank vir die rol wat hulle gespeel het om tydens die onluste in Julie te verhoed dat dit ook hier posgevat het. Bianca Wheeler, die sekretaresse van die Nelspruit GPF, sê almal het saamgewerk en uiteindelik meer soliede verhoudinge met…
9 Sep 2021 7AM 1 min

Wetgewer stem in om Barberton-rioolkrisis te ondersoek

‘n Mosie waarin die VF Plus die Mpumalanga-wetgewer vra om die skokkende toestand van Barberton se rioolsuiweringsaanleg te ondersoek, is tydens 'n sitting sonder teenkanting aanvaar. Die party het na klagtes van boere wat aangrensend aan die rioolsuiweringsaanleg boer, gevind dat riool vanuit die rioolsuiweringaanleg in ʼn sytak van die…
8 Sep 2021 10AM 1 min

EFF se provinsiale organiseerder sluit by DA aan

Cyril Chuene, die EFF in Mpumalanga se voormalige verkiesings koördineerder en hoofsweep in Ehlanzeni-distriks-munisipaliteit, het vandag aangekondig dat hy by die DA aangesluit het. Hy is saam met verskeie ander EFF-lede by ‘n perskonferensie verwelkom. Die DA se Jane Sithole sê Chuene het verlede jaar begin om deur die DA…
6 Sep 2021 7AM 1 min

Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2021 aangewys

Hoërskool Nelspruit se ontvangsdame, Theresa de Wet, is as Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2021 aangewys. Die Gilde vir Kantoorpraktisyns se gala-aand is verlede week deur die top 25 kandidate in die land bygewoon. Marisa Engelbrecht, Solidariteit se sektorhoof van die beroepsgilde, sê dit het ten doel om erkenning aan adminstrasiepersoneel…
6 Sep 2021 4AM 1 min

Elvis Blue hou vanaand in jou huis konsert

Elvis Blue gaan die Laeveld vanaand vermaak tydens die sesde en laaste aflewering van die In Jou Huis-konsertreeks. Dit word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Bywoning na die optrede is slegs op uitnodiging, maar almal kan die vertoning regstreeks op hul radio luister. Elvis sê hy…
4 Sep 2021 5AM 1 min

LUR besoek Hoërskool Sybrand Van Niekerk na beweerde boelie-voorval

LUR vir onderwys in Mpumalanga het gister Hoërskool Sybrand Van Niekerk in Sabie besoek na ‘n beweerde boelie-voorval vroeër die week. Bonakele Majuba het alle vorme van geweld en boeliegedrag veroordeel. Hy het leerlinge en ouers aangemoedig om sulke voorvalle aan te meld sodat dit aangespreek kan word. ‘n Bestuursplan…
4 Sep 2021 4AM 1 min

Munisipale werknemer gevonnis vir bedrog en korrupsie

‘n Munisipale werknemer van Bosbokrand is ‘n opgeskorte vonnis en ‘n jaar se huisarres opgelê vir bedrog en korrupsie. Khensani Antoinette Mashaba is skuldig bevind in die Mhala-hof. Sy het in 2012, terwyl sy by Bosbokrand-munisipaliteit gewerk het, twee familielede oorreed om ‘n maatskappy te stig vir die vervoer van…
3 Sep 2021 4AM 1 min

Machadodorp-wisselaar op N4 amptelik geopen

Die nuwe Machadodorp-wisselaar op die N4 is vanoggend amptelik geopen. LUR vir openbare werke, Mohita Latchminarain, sowel as amptenare van Emakhazeni-munisipaliteit en Sanral het die geleentheid bygewoon. TRAC se uitvoerende hoof, Alex van Niekerk, sê die toename in verkeer op die pad het die opgradering genoodsaak. Dit maak die pad…
2 Sep 2021 7AM 1 min

LUR sê gemeenskappe moet saam hul skole beskerm

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het vandag Sibambisene Primary in Daantjie, Mbombela, besoek waar ‘n sekuriteitswag Vrydag deur rowers doogemaak is. Die 59-jarige Philemon Joseph Zitha is die derde sekerheidswag wat op so ‘n wyse vermoor word. Ses skootrekenaars is by die skool gesteel.
31 Aug 2021 8AM 1 min

Tour de Rob hierdie Saterdag vir leerlinge in nood

Onderwysers en beheerliggaam-lede van Hoërskool Rob Ferreira hou Saterdag weer hul jaarlikse fondsinsameling. Hulle poog om saam 700 kilometer af te lê op fietse en per voet ten bate van leerlinge in die skool wat finansieël swaarkry. Ouers en lede van die publiek kan skenkings maak of elke deelnemer per…
31 Aug 2021 7AM 1 min

Sekuriteitswag by skool in Daantjie vermoor

'n Skuriteitswag is Vrydag by Sibambisene Primary, ‘n skool in Daantjie, Mbombela, vermoor. Diewe het na bewering by die skool probeer inbreek en die 59-jarige Philemon Joseph Zitha vermoor. Hulle het daarna deur die administrasie-gebou se dak ingebreek en ses skootrekenaars, ter waarde van ongeveer 46-duisend-Rand, gesteel. Departementele woordvoerder, Gerald…
30 Aug 2021 9AM 1 min

ANC aanvaar DA-mosie vir om kinderkommissaris in Mpumalanga aan te stel

Die ANC-meerderheid in die Mpumalanga-wetgewer het Vrydag die DA se mosie, dat ‘n kinderkommissaris in die provinsie aangestel word, verwelkom. Die mosie volg op borgtog wat toegestaan is aan ‘n vermeende kinderverkragter Woensdag in die Witrivier-hof. Die DA se Trudie Grovè-Morgan sê hulle glo die aanstelling van ‘n kinderkommissaris is…
30 Aug 2021 8AM 1 min

Dreamville hierdie Woensdag aanlyn

Hoërskool Bergvlam se musiekblyspel, “Dreamville Take Two” vind Woensdag virtueel plaas. Dit word om half sewe by Bingelela-inry gewys. Kaartjies beloop 200-Rand per kar met vier mense en 60-Rand per ekstra persoon. Bespreek jou kaartjies op Bingelela se webtuiste en kom span uit om dit op die groot skerm te…
30 Aug 2021 8AM 1 min

Eskom se jong wetenskaplikes vir Mpumalanga aangewys

Die Mpumalanga-wenners van Eskom se ekspo vir jong wetenskaplikes is die naweek aangekondig. Die Laeveld het twee groot wenners opgelewer. Sphumelele Magagula, ‘n matrikulant van Suikerland Sekondêr in Malalane, het ‘n goue medalje gewen asook die kategorie vir ingenieurswese en ‘n spesiale toekenning vir beste ontwikkeling. Kabelo Maimane en Shaun…
30 Aug 2021 6AM 1 min

Fondsinsameling ten bate van Laeveld-gesinne wat sukkel

Die Laeveld gemeenskap het weerens hande gevat om mekaar te help. Dinsdagaand is gesinne wat swaarkry die fokus van 'n fondsinsameling. Dit word by Urban House gehou en plaaslike kunstenaars Anne-Marie, Zané en Lonita tree op. Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, is die seremoniemeester. Organiseerder, Madelein van Eeden, sê die fokus is…
27 Aug 2021 7AM 1 min
1320 – 1340