Witrivier-verteenwoordigers ontstoke na begrotings-vergadering

Loading player...
Die Witrivier-belastingbetalersvereniging is ontstoke dat 'n beplande geïntegreerde ontwikkelingsplan-vergadering gister sonder hul medewete geskuif is.
Pierre du Preez sê hulle is genooi vir die vergadering by Mbombela-stadion, maar dit is na die burgesentrum geskuif sonder dat hulle, en ander rolspelers, in kennis gestel is.
Hulle het geweier om die vergadering by te woon en eis dat Mbombela die betrokke amptenare na die Witrivier-belastingbetalersvereniging se vergadering volgende week stuur om die begroting te bespreek.
Hy sê dit is krities belangrik dat hulle deel is van die proses en nie op die agtergrond geskuif word nie.
7 Oct 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min