Bloedbank vra dat mense gaan skenk

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ‘n beroep gedoen op die publiek om bloed te skenk. Hulle beleef tans groot tekorte, wat toegeskryf word aan ‘n groter vraag na bloed.
Die tekort is landwyd en sluit heel bloed maar ook plasma in.
Ronald Marsh van die plaaslike tak sê dit kan ook oor die feesseisoen groot tekorte veroorsaak as hulle nie nou bloed inkry nie.
Hy voeg by dat mense wat al Covid-19 gehad het, of daarteen ingeënt is, kan steeds bloed skenk.
30 Sep 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min