KANSA bied mense wat met kanker gediagnoseer word telefoniese beradingsdienste in 'n verskeidenheid tale wat landwyd beskikbaar is. Maatskaplike werker, Gretchen Minnaar, vertel meer oor hierdie program.
Vlooi Venter, 'n opleier en kliniese verplegingspesialis by KANSA, vertel meer oor die kliniese ondersteuning wat die die organisasie vir pasiënte en hul naastes bied.
Innibos is vir die eerste keer sedert 2019 weer die naweek aangebied en dit was 'n dawerende sukses. 100.5FM het vir die drie dae regstreeks uitgesaai vanaf die fees en Denise het by hulle uit gaan vind wat hul indrukke was van dié grootse fees.
Lila Swift, 'n boorling van die Laeveld, het onlangs haar eerste enkelsnit en musiekvideo vrygestel. Sy gesels met Amanda oor liedjies skryf, hoekom Taylor Swift haar inspireer en hoe sy "stage fright" hanteer.
Prof. David Mabunda is gisteraand ingehuldig as president van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT). Hy sal vir die volgende twee jaar hierdie skip stuur. Hy deel sy prioriteite en doelwitte vir plaaslike sake en toerisme met ons in Laeveld Ervaring saam met die operasionele beampte, Linda Grimbeek.
Karin gee mos glad nie om, om daarop aan te dring om die bestuurder te sien nie. Sy het dit veral nodig gevind om te kla toe sy probeer om van 'n spesiale aanbieding op amandelmelk gebruik te maak... Oe-ê-ê.
Zandré Pelser van Sibinjala spesialiseer daarin om mense met gestremdhede op pasgemaakte uitstappies en buitelugaktiwiteite te vergesel. Sy gesels met Charles.
Op 20 Junie word prof. David Mabunda as die nuwe president van die KLCBT ingehuldig. Uitgaande president, Sandra Jacobs, vertel van die uitdagings en deel die suksesse van haar afgelope twee-jaar-termyn.
Sonop Ontbyt gaan hierdie langnaweek 'n bietjie in die Bos kamp. Gerhardt en Andri het vir Marnus Prinsloo en Nolan Naudé van Wildman Nelspruit nader getrek vir advies oor kamp.
Karin is in die groot dorp vir haar dogter se netbalproewe en hulle gryp die geleentheid aan om eers inkopies te doen voor hulle besluit om 'n bietjie te gaan fliek.
SANRAL se beplande P166 ringpad na die R40 suid tussen Witrivier en Mbombela is moontlik terug op die kaarte, maar kry weereens baie teenkanting uit die Witirivier-gemeenskap. Duncan MacKenzie gesels met Sonop Ontbyt oor die kritiek bedreigde aloe simii wat endemies is aan die Laeveld van Mpumalanga.
David Mabunda, die voormalige uitvoerende beampte van SANParke, is gister verkies tot president van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT). Hy sal vir twee jaar dien. Linda Grimbeek vertel vir Mireille dat hulle ook twee spesiale gesante aangestel het om die werk wat hulle reeds jare namens die…
7 Jun 2023
23 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.