Fareeda Mashaba is in beheer van bewusmaking by The Greater Rape Intervention Programme (GRIP), sowel as om slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te voorsien van al die nodige sorg wat hulle benodig. Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, sê geslagsgebaseerde geweld is duidelik aan die toeneem, terwyl al hoe meer…
‘n Nuwe president moet volgende week deur die nuwe raad verkies word vir die KLCBT. Uitgaande president, Sandra Jacobs, mag nie herverkies word nie omdat iemand nie twee agtereenvolgende termyn mag dien nie. Linda Grimbeek, hoof operasionele beampte van die Kruger-Laeveld-sakekamer, gesels met Robin oor die nuwe raad wat vir…
Wat gaan aan in die Laeveld? Na 'n afwesigheid van etlike weke is Linda Grimbeek van die KLCBT terug om jou op hoogte te bring van plaaslike verwikkelinge. Sy gesels met Mireille.
"Oh my soul! Hierdie kerrie is so warm, dit brand my van my ID -boek af! "Ag, toemaar. Dit is wat dit is." Amanda vind uit watter gesegdes en uitdrukkings mense baie gebruik.
Tshukudu-wildreservaat by Hoedspruit bestaan al 45 jaar. Deesdae hervestig hulle ook jagluiperds in die wild. Sonop Ontbyt vind meer uit by David Sussens. Luister weer hier:
Kinders word ook deur die huishoudelike geweld wat teen hul ouers gepleeg word, geraak en om dita aan te spreek het The Greater Rape Intervention Programme (GRIP) die Hearts not hands-kampe van stapel gestuur. Sibongile Ndlovu vertel saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, vir Johanné Strydom meer…
Sou jy die slagoffer word van seksuele geweld moet my mediese sorg kry. Dr. Sentene Goosen van City Health Nelspruit verduidelik waar ‘n mens begin om gesondheidsorg te bekom, hoekom jy binne 72 uur lewensreddende medikasie moet kry, en waar jy ‘n aanval aan kan meld. Sy gesels saam met…
Hoe nou gemaak met ‘n ouer of grootouer met demensie of Alzheimer se siekte waarna jy moet omsien? Elria Erasmus, die streeksbestuuder van Adasa (Association for Dementia and Alzheimers of South Africa) in Mpumalanga gesels met Charles.
Die Sonop Ontbyt-span ontdek elke Woensdagoggend bewaringsprojekte. Andries Potgieter van Toerbroers gesels met Gerhardt en Andri oor hoe spesiaal die Blyde Rivier Canyon is.
Die plaaslike liedjieskrywer en sangeres, Tiffany Steyn, het al geleer om elke geleentheid wat na haar kant toe kom aan te gryp. Sy gesels met Amanda oor verborge talente en toekomsdrome.
Met soveel potensiaal is Linda Grimbeek van die KLCBT soms verbaas dat daar nie meer in die Laeveld aangaan nie. Sy gesels met Robin oor die ontginning van potensiaal.
Elke Woensdagoggend kuier Sonop Ontbyt in die bos en gesels oor bewaring. Deon Cilliers van Cheetah Outreach Trust vertel hulle meer oor die bewaring van vrylopende jagluiperds. "Wêreldwyd is daar slegs sowat 7 000 oor, waarvan 70% buite bewaringareas voorkom."
26 Apr 2023
11 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.