Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Hans-Jurie Moolman is 'n bekende regskundige wat spesialiseer in grondkunde en hy bespreek vandag die onderwerp van grafte en begrafnisse op plase en die regte van eienaars en persone wat op die plaas bly en/of werk. Daar is verskeie wetgewings wat hierdie prosesse reguleer en Moolman verduidelik volledig hoe rolspelers…
Koolstofvrystellings van vee kan met tot 30% verminder word as dieselfde suksesvolle praktyke, wat tans in Australie toegepas word, wereldwyd gebruik word. Veeprodusente kan hierdeur hul produksie verhoog om in die toekoms aan die behoeftes van ‘n groter bevolking te voldoen.
Die Nasionale Wolkwekersvereniging het met ‘n projek afgeskop wat noodsaaklike data van vee verskaf. Geboortes, gewig en ander inligting word ingespan om selfs ooiproduktiwiteit te meet en sodoende ondersteuning te verleen aan kommunale boere.
Die huidige vleispryse het wêreldwyd steeds nie die hoogtes bereik van verlede jaar dieselfde tydperk nie, maar die Australiese mark het wel ‘n effense verbetering getoon. Die vraag na rooivleis het egter daar toegeneem. Die kleinhandelprys het gedaal en dit het veroorsaak dat verbruikers wel meer vleis begin aanskaf het.
Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die jongste inflasiesyfers en die vrese wat daar was dat rentekoerse kon styg. Voedselinflasiesyfers behoort binnekort te stabiliseer. Maré voorspel dat rentekoerse nie binne die afsienbare tyd sal styg nie en noem dat daar selfs vroeg in…
Dawie Maree is ‘n landbou-ekonoom, voorheen van Agri SA en nou van FNB. Maree gee ‘n positiewe voorspelling veral vir somergraanprodusente met die prys van brandstof wat daal. Maree gee ook sy mening oor die jongboere se positiewe bydrae tot die sektor.
Landbou-ekonome en ander kundiges het die afgelope tyd berig oor vleispryse en pryse van vleisprodukte wat nie soveel groei getoon het as in ander jare nie. Dit wil egter voorkom of daar ‘n stadige herstel te siene is en veral Namibiese vleispryse het in die laaste kwartaal tekens getoon van…
Kenneth Crampton is die Nasionale Bemarkingsbestuurder van Voermol in Durban en hoofborge van die jaarlikse Skaap- en Beesboer-kompetisie van Suid-Afrika. Crampton verduidelik die positiewe impak van die kompetisie op mede-boere, asook die voorbeeld wat dit stel op opkomende boere en nuwe toetreders tot die bedryf. Crampton gee verder sy indrukke…
Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die pas afgelope aanwysings van SA se Skaap- en Beesboer van die Jaar. Maré gee sy mening oor die tipe wenners wat na by hierdie aanwysings vore getree het en dat groter boerderye, weer begin plek maak…
Hans-Jurie Moolman is 'n regskundige wat spesialiseer in grondkunde en hy bespreek vandag die vergoeding van eise op plase. Hy verduidelik die werkswyse hiervan en wat die gevolge is wanneer ‘n grondeis toegestaan is en die Staat die grond wil aankoop en die huidige eienaar moet vergoed. Die Staat kan…
Die suiwelbedryf in Suid-Afrika se buurlande is ook onder druk nadat Zimbabwe suiwel leiers aangekondig het dat hulle suiwelkostes te hoog is. Volgens News Day is produksiekoste te hoog en word daar maatreëls in plek gestel om produsente by te staan. Selfs die hulp van voedingskundiges word ingeroep.
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Graanprodukte is onder druk, maar beide wit- en geelmieliespotpryse het gestyg hierdie week. Sojapryse week-op-week het weer effens gestyg hierdie week, so ook sonneblompryse. Koringspotprys het weer gedaal, terwyl sorghumpryse ook effens gestyg het. Lusernpryse het…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het weer effens verswak teenoor ‘n swakker dollar, hoofsaaklik as gevolg van rentekoerse. Hierdie week het speenkalfpryse weer effens gedaal. Stoorlammerpryse het effens gedaal. Slagpryse kan binne die volgende twee weke styg. Laer pyse vir…
Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor redes vir die lae vleispryse. Skaap- en beespryse is, soos in ander wêrelddele heelwat laer as vorige jare. Australiese pryse het veral sterk afgeneem. Redes vir Suid-Afrika se lae pryse is hoofsaaklik as gevolg die ekonomiese verval,…
Hans-Jurie Moolman is 'n regskundige wat spesialiseer in grondkunde en hy bespreek vandag die wettigheid van grondeise op ‘n plaas. Moolman verduidelik volledig hoe grondeise werk en hoe ‘n grondeienaar kan bepaal of dit wettige eise is aldan nie. Hy verduidelik verder die wetlike aspekte van hoe die eise ingestel…
‘n Bedreigde subspesie, die witrenoster, het blykbaar slegs 18 000 diere in die wêreld oor en met die oorkoop van die bekende renosterplaas, Platinum Rhino van John Hulme in Noordwes, het die bewaringsgroep, African Parks, besluit om die renosters in die natuur vry te laat. Die proses van vrylating, gepaardgaande…
13 Nov 2023 1AM
1 min
400 – 420
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.