Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Dr Johnny van der Merwe, landbou-ekonoom aan die Noordwes Universiteit en uitvoerende direkteur van AMT lewer die onlangse SAFEX-nuus en beskryf die vooruitsigte vir plaaslike pryse.
Hans-Jurie Moolman, bekende regskundige wat spesialiseer in grondsake, bespreek vandag die kwessie rondom vergoeding vir grond, wat vir grondhervorming geoormerk is.
Nuwe tegnologie word tans ontwikkel om wol biologies te oes. Die doel is om biologiesgebaseerde skaaphantering en vagverwyderingstelsels te ontwikkel. Swak punte in wol moet geidentifiseer en hierdie verswakte wol word van skape verwyder.
Hans-Jurie Moolman is 'n bekende regskundige wat spesialiseer in grondkunde en hy bespreek vandag verder die onderwerp van grafte en begrafnisse op plase en die regte van eienaars en persone wat op die plaas bly en/of werk. Daar is verskeie wetgewings wat hierdie prosesse reguleer en Moolman verduidelik volledig hoe…
Die Departement van Plaaslike Ontwikkelings en Omgewingsbestuur, het in die Oos-Kaap verdere projekte geloods om opkomende boere te bemagtig deur hul behoeftes aan te spreek met behoorlike toerusting om wol na skeer te verwerk en te kompakteer. Daarom is befondsing bewerkstellig vir die aankoop van wolperse. Net in die Oos-Kaap…
Die Nasionale Wolkwekersvereniging lewer tans ‘n diens aan produsente om wolkontaminasie vroegtydig op te spoor en produsente daaroor in te lig. Die diens word deur die Woltrust befonds. Weeklikse terugvoering geskied deur wolkopers se foutrapportering.
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging verwelkom die aankondiging van die Minister van Landbou, Thoko Didiza, om eiers in te voer. Ander eierprodukte soos poeiereiers, bevrugte eiers en eiers in vloeibare vorm sal verwelkom word, terwyl Suid-Afrikaanse pluimveetroppe weer herbou word.
Donkiemelk uit Botswana kan eerdaags op Zimbabwe se winkelrakke verskyn. Alhoewel Zimbabwe se donkiebevolking meer vir trekarbeid gebruik word, is daar nou sprake dat donkiemelk ook in Zimbabwe versprei gaan word. Navorsing het getoon dat donkiemelk oor talle gesondheidsvoordele beskik wat veral vir velgesondheid geskik is
4 Dec 2023 11PM
1 min
380 – 400
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.