Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
680 – 700

NNN op pad G20 toe

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die naweek by wêreldleiers in Johannesburg aansluit om Namibië se ontwikkelingsprioriteite by die G20 te bevorder. Die Presidensie sê Nandi-Ndaitwah is deur die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa genooi om die beraad as 'n spesiale gas by te woon. Sy sal Namibië se afvaardiging lei en opmerkings…
21 Nov 4AM 1 min

Daling in repokoers was verwag

Standard Bank sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 6,75-persent te verlaag, was te verwagte. Die bank waarsku dat die volle uitwerking van die rentekoersverlagings op die ekonomie, veral verbruikersbesteding, eers oor 12 tot 18 maande gevoel sal word. Elna Moolman van die bank…
21 Nov 4AM 1 min

Kleinhandel in SA styg met net 3,1% in September

Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in September met 3,1-persent gestyg vergeleke met verlede jaar. Die grootste groei het gekom van algemene handelaars, klere- en skoenwinkels, en meubel- en toestelkleinhandelaars. Raquel Floris van Statistieke SA sê maand-tot-maand verkope was onveranderd in vergelyking met Augustus, na 'n daling van 1,6-persent die vorige…
21 Nov 3AM 1 min

Britse regering het met Covid-19 misluk

Die Verenigde Koninkryk se reaksie op die Covid-19-pandemie kan opgesom word as te min, te laat. Dit is volgens ʼn onafhanklike verslag oor die regering se hantering van die pandemie. Die verslag voer aan lewens kon in die eerste vlaag van die pandemie gered word indien die verpligte inperking ʼn…
21 Nov 3AM 1 min

Rand se versterking kan tydelik wees

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku die rand se onlangse versterking kan tydelik wees en beklemtoon die behoefte aan voortgesette strukturele hervormings om prysbestendigheid te handhaaf. Kganyago sê die vordering, soos die land se kredietopgradering en uittrede uit die Finansiële Aksietaakmag se gryslys is bemoedigend, maar verdere…
21 Nov 2AM 1 min

Albanese sê die G20 is belangrike byeenkoms vir die ekonomie

Die Australiese premier, Anthony Albanese, sê die G20-leiersberaad is 'n belangrike byeenkoms vir die vereniging van die lande wat die wêreld se ekonomieë dryf. Hy het gister in Suid-Afrika aangekom voor die beraad in Johannesburg hierdie naweek. Albanese is die eerste Australiese premier wat die land sedert 2013 besoek. Hy…
21 Nov 2AM 1 min

Besettingsyfers daal in Oktober

Die Gasvryheidsvereniging waarsku dat bedbesettingskoerse daal en tot 62 persent hierdie Oktober gesak het, teenoor 64 persent in Oktober verlede jaar, en ver onder die 69 persent wat in 2019 aangeteken is. Terwyl Sentraal-Europa en Duitsland sterk toerismemarkte bly, sê die vereniging dat besoekersgetalle van Suid-Afrika en ook plaaslik merkbaar…
21 Nov 1AM 1 min

Withuis sê hy sal nie G20-leiersberaad bywoon nie

Die Withuis sê Amerika sal nie deelneem aan amptelike besprekings by die naweek se G20-leiersberaad in Johannesburg nie. Sy Chargé d'Affaires by die ambassade in Pretoria, Marc Dillard, sal egter Sondag die oorhandigingseremonie by die presidensie bywoon. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa gesê het hulle het ʼn kennisgewing van…
21 Nov 1AM 1 min

Cyril sê VSA sal G20 bywoon

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het 'n kennisgewing van die Verenigde State ontvang dat hulle van plan verander het oor die bywoning van die G20-leiersberaad in Johannesburg hierdie naweek. Die Amerikaanse president Donald Trump se administrasie het gesê dat hulle nie die beraad sou bywoon nie, en beweer dat daar…
21 Nov 12AM 1 min

Sterftes in Oekraïne het 2024 se syfers verbygesteek

Die Verenigde Nasies se Departement van Politieke en Vredesaangeleenthede waarsku dat Rusland se gebruik van langafstandwapens Oekraïne aan meer gevaar blootstel. ʼn Geraamde 14 534 burgerlikes, insluitend 745 kinders, is dood sedert die oorlog uitgebreek het. Sowat 3,7 miljoen Oekraïners is ontheem en byna 6 miljoen is vlugtelinge. Die departement…
21 Nov 12AM 1 min

Opwindende navorsing op skilpaaie by Kunene-riviermond

Vir die eerste keer ooit gaan navorsers van die Namibië Natuurstigting die Kunene-riviermond besoek om honderde groenskilpaaie te bestudeer wat hierdie tyd van die jaar daar bymekaarkom. Dis dieselfde plek waar Namibië se eerste aangetekende seeskilpadnes in 2020 ontdek is, maar wetenskaplikes weet steeds nie hoekom hierdie bedreigde reuse die…
20 Nov 11PM 1 min

Afrigter Henk Botha vaar uit teen NNOC

Afrigter Henk Botha sê hy het verskeie bekommernisse rakende onlangse operasionele besluite en praktyke binne die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee. Hy sê sedert die oorgang in bestuur is daar 'n merkbare verskuiwing in prioriteite en 'n agteruitgang in die gehalte van diens wat aan atlete en sportkodes gelewer word. Een…
20 Nov 11PM 1 min

Starlink is enigste uitweg vir landelike verbinding

Terwyl Namibië nader beweeg aan 'n besluit oor Starlink se lisensiebod wat volledig op 28 November vrygestel sal word, waarsku 'n elektroniese ingenieur en deeltydse boer in die Karasberge dat die land die risiko loop om noodsaaklike landelike konnektiwiteit mis te loop. Peet van Staden het aan Kosmos 94.1 Nuus…
20 Nov 11PM 1 min

Verlaging in SA se repokoers kan plaaslik voordele inhou

Namibiërs kan dalk 'n vroeë Kershupstoot kry namate rentekoerse in die streek verlaag. Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank die repokoers daar met 25 basispunte tot 6,75 persent verlaag het, wat die prima uitleenkoers tot 10,25 persent afgebring het. Namibië se repokoers staan reeds op 6,5 persent na verlede maand…
20 Nov 11PM 1 min

Cyril verklaar GBV as nasionale krisis

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het geslagsgeweld en vrouemoord tot 'n nasionale krisis verklaar. Hy het Donderdag tydens die G20 Maatskaplike Beraad in Ekurhuleni gesê die land kan net gemeenskappe bou wat in gelykheid gewortel is, indien die regte van vroue en meisies gehandhaaf word. Die president sê geen samelewing…
20 Nov 10PM 1 min

NHE oorhandig 34 huise in Mariental

Die Nasionale Behuisingsonderneming het Donderdag 34 huise in Mariental oorhandig, wat vir meer as 6,5 miljoen Namibiese dollar gebou is. Die projek is binne ongeveer sewe maande afgehandel. Die adjunkminister van landelike en stedelike ontwikkeling, Evelyn !Nawases-Taeyele, het by die seremonie 'n beroep gedoen op munisipaliteite en dorpsrade om grond…
20 Nov 10PM 1 min

Digitale finansiële geletterdheid kry hupstoot

In 'n poging om finansiële geletterdheid regoor die land te verbeter, is die Finansiële Geletterdheidsinisiatief van plan om 'n boekie oor digitale finansiële geletterdheid bekend te stel wat landwyd versprei sal word. Die boekie is daarop gemik om die probleem van lae digitale geletterdheid te bestry, wat sommige Namibiërs kwesbaar…
20 Nov 10AM 1 min

Madlanga-kommissaris bevraagteken Mogotsi se bewerings

Die Madlanga-kommissie se mede-kommissaris, Sandile Khumalo, het die polisie se geheime informant, Brown Mogotsi, uitgedaag oor teenstrydighede in sy beëdigde verklaring in Februarie. Khumalo ondersoek sy adres in Soweto, teenstrydige geboortedatum en bewerings van Umkhonto-lidmaatskap. Khumalo merk ook op dat Mogotsi geen formele wetstoepassings- of forensiese opleiding het nie. Hy…
20 Nov 10AM 1 min

Padveiligheidsraad loods Okapuka-kontrolepunt, padveiligheidsveldtog

Die Nasionale Padveiligheidsraad het vandag amptelik die opgegradeerde Okapuka-padverkeerskontrolepunt en die 2025/2026-feesseisoen-padveiligheidsveldtog van stapel gestuur. Die binnelandse sake-minister, Lucia Iipumbu, het motoriste aangespoor om padreëls te gehoorsaam en nie te drink en bestuur nie, aangesien dit die grootste oorsaak van ongelukke op Namibiese paaie is.
20 Nov 9AM 1 min
680 – 700