Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
700 – 720

Uraan in Omaheke bly onder soeklig

Die omgewingministerie was vandeesweek gasheer vir 'n onafhanklike hersieningspan van kundiges van die Internasionale Atoomenergie-agentskap. Die besoek vorm deel van 'n onafhanklike tegniese hersieningsproses om objektiewe kundige advies te verskaf oor die voorgestelde uraan in-situ-loging mynbouprojek in die Omaheke-streek. Daar is veral gefokus op omgewingsbeskerming, grondwaterbronne, openbare gesondheidsoorwegings en regulatoriese…
13 Feb 5AM 1 min

Room van Namibiese film, teater gevier

Nominasies vir die 2026 Namibiese Teater- en Filmtoekennings is amptelik aangekondig. Die toekennings, wat op 28 Maart in die nasionale teater se ouditorium in Windhoek plaasvind, sal Namibië se skerm- en verhoogtalent vier. 'n Totaal van 19 films is vir die onderskeie kategorieë genomineer, terwyl 'n totaal van 26 produksies…
13 Feb 4AM 1 min

Ramaphosa gaan nasionale waterkrisiskomitee stig

President Cyril Ramaphosa sê hy gaan 'n Nasionale Waterkrisiskomitee stig, en as voorsiter optree, om die land se wateruitdagings aan te pak. Dele van Gauteng ervaar watertekorte, wat tot 'n aantal betogings gelei het. Die regering het 156 miljard rand in openbare befondsing oor die volgende drie jaar bewillig vir…
13 Feb 4AM 1 min

Cosatu verheug oor miljarde wat in Lughawensmaatskappy belê word

In Suid-Afrika verwelkom die vakbondfederasie Cosatu die belegging van 21,7-miljard Suid-Afrikaanse rand in infrastruktuur wat die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika vir die volgende vyf jaar beplan. Die projekte sluit in 'n nuwe binnelandse aankomssaal en aanloopbaan vir die Kaapstadse Internasionale Lughawe en 'n herontwerpte vragpakhuis vir OR Tambo in Gauteng. Matthew…
13 Feb 3AM 1 min

Mylpaalprojek oor klimaataanpassing in gemeenskap voltooi

Namibië het een van sy grootste gemeenskaps-klimaataanpassingsprojekte afgehandel. Die Omgewingsbeleggingsfonds het die vyfjaar-Irema-inisiatief van 10 miljoen Amerikaanse dollar in Sesfontein, Fransfontein en Warmquelle in die Kunene-streek suksesvol voltooi. Die projek is in 2018 deur die Groen Klimaatfonds goedgekeur en saam met die landbouministerie geïmplementeer. Dit het groenskemas en boorgate gerehabiliteer,…
13 Feb 3AM 1 min

Skoolvervoeroperateurs ruk op na Gautengse wetgewer

Skoolvervoeroperateurs wat aan die Groter-Gautengse Leerdervervoerorganisasie behoort, ruk vandag op na die departement van vervoer en die Gautengse wetgewer. Die doel is om hul kommer te deel oor voortslepende probleme en vermeende swak behandeling van skoolvervoer-operateurs in die provinsie. Die departement se woordvoerder, Lesiba Mpya, sê hulle is waaksaam, maar…
13 Feb 3AM 1 min

'Trump se kweekgasbesluit reuse-terugslag vir klimaatverandering'

President Donald Trump het die 2009-bevinding oor klimaatsgevare wat deur president Barack Obama aanvaar is, herroep. Die Agentskap vir Omgewingsbeskerming het bevind ses kweekhuisgasse, insluitend koolstofdioksied en metaan, hou ʼn gevaar in vir openbare gesondheid. Omgewingsgroepe sê die besluit is die grootste terugslag oor klimaatsverandering. Trump sê die skuif is…
13 Feb 3AM 1 min

Jagsektor paraat teen bek-en-klouseer

Weens bek-en-klouseer in naburige Suid-Afrika en Botswana, wat 'n risiko vir Namibië inhou, bly die land se jaggemeenskap op hoë gereedheidsgrondslag. Kosmos 94.1 Nuus het met Hannes du Plessis, die president van die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, gepraat, wat sê daar is geen direkte risiko vir jagters nie. Hy het…
13 Feb 1AM 1 min

Bitter krisis vir suikerbedryf in SA

Die Suid-Afrikaanse suikernywerheid staar 'n ernstige krisis in die gesig met Tongaat Hulett wat nader aan likwidasie beweeg. Die maatskappy se meulens, raffinaderye en verbouing van suikerriet ondersteun duisende klein- en grootskaalse produsente in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die voorsitter van die SA Suikerrietkwekersvereniging, Higgins Mdluli, waarsku die ineenstorting bedreig die…
13 Feb 1AM 1 min

Dodelike brande alledaags in informele nedersettings

Dodelike brande vind gereeld in informele nedersettings plaas. Vroeër die week het 'n twee-en-'n-half-jaar-oue dogtertjie en haar 20-jarige tannie gesterf in 'n brand in hul sinkhuis in Kuisebmond. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige Walvisbaai-raadslid en gemeenskap-aktivis Ryan Gordan oor die kwessie gepraat.
13 Feb 1AM 1 min

Krieket: Eagles-kaptein maak geskiedenis teen Indië

Namibië se Gerhard Erasmus het Donderdag maar net die derde krieketkaptein ooit geword om vier paaltjies van Indië in T20 krieket te kantel. Erasmus se wêreldbekerklas draaibal-aanval in Delhi het oor net vier beurte gestrek. Hy was die mees ekonomiese Namibiese bouler in die wedstryd deur net 20 lopies af…
13 Feb 1AM 1 min

Wêreldradiodag: Hier's Namibië se stemme!

Vandag is Wêreldradiodag, wat elke jaar op 13 Februarie gevier word. Vanjaar is die fokus op hoe KI uitsending, produksie en toeganklikheid kan verbeter, terwyl dit verseker dat menslike redaksionele oordeel sentraal bly. Kosmos 94.1 Nuus het met verskeie leerders, studente en stemme in die bedryf gepraat wat hulle mening…
13 Feb 12AM 2 min

Ramaphosa verklaar bek-en-klou nasionale ramp

President Cyril Ramaphosa het die uitbreking van bek-en-klouseer in die land as nasionale ramp verklaar en sê die grootvee-bedryf beleef een van die ergste uitbrekings ooit. Hy het Donderdagaand in sy staatsrede gesê die siekte benadeel die ekonomie, en lei tot ʼn verbod op uitvoere, tot handelsbeperkings en die verwoesting…
13 Feb 12AM 1 min

Krieket: Eagles in trotse vertoning teen Indië

Namibië het Donderdagaand in Delhi by tye sterk gestaan voordat Indië se T20 wêreldkampioen-krieketmasjien die Eagles in 'n 93-lopie oorwinning gestoomroller het. Die Namibiërs se teiken van 210 lopies sou veel meer gewees het sonder kaptein Gerhard Erasmus se bydrae van 4 paaltjies vir net 20 lopies. Met die kolf…
13 Feb 12AM 1 min

Ramaphosa ontplooi weermag in Gauteng, Wes-Kaap

President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal ontplooi word om die polisie by te staan in die stryd teen bendegeweld en onwettige mynbedrywighede in die Wes-Kaap en Gauteng. Hy het Donderdagaand in Kaapstad sy staatsrede gelewer. Ramaphosa sê hy sal die nasionale vergadering en nasionale raad van provinsies…
12 Feb 11PM 1 min

ICE onttrek uit Minnesota

Amerikaanse president Donald Trump se grenstsaar Tom Homan het aangekondig dat die immigrasie-toepassingveldtog in Minnesota ten einde sal loop. Homan sê hy sal nog 'n rukkie in die deelstaat aanbly om die onttrekking te monitor en die sukses daarvan te verseker. Hy het “Operation Metro Surge” as 'n groot sukses…
12 Feb 11PM 1 min

Geslagsministerie verduidelik pogings teen GBV

Onlangse moorde op vroue, insluitend dié van die 33-jarige Regina Kondombolo, wie se liggaam Maandag in Otjomuise Uitbreiding 2 ontdek is, het versoeke tot dringende optrede in die Nasionale Vergadering aangespoor. Wetgewers het die Geslags- en Kinderwelsyn-ministerie versoek om sy pogings te verskerp om geslagsgebaseerde geweld dringend aan te spreek,…
12 Feb 10AM 1 min

NRU het op louere gerus, is nou wakker: kommentator

Die Namibiese Rugby-unie het 'n vandeesweek 'n herboufase van 2026 tot 2031 aangekondig, na die nasionale span nie gekwalifiseer het vir die 2027 Rugbywêreldbeker nie en befondsing van Wêreldrugby verloor het. Volgens die NRU gaan die herbou finansiële groei insluit sowel as bestuurkwessies wat aangespreek sal word. Kosmos 94.1 Nuus…
12 Feb 10AM 1 min

Kom stap saam vir kinders met kanker

Hierdie naweek stap Namibiërs uit solidariteit met kinders wat teen kanker veg en einde-van-lewe behandeling nodig het. Terwyl die wêreld Sondag Wêreldkankerbewustheidsdag vir Kinders vier, doen die Kankervereniging van Namibië, saam met die Lions-klub en wêreldwye pediatriese onkologie-vennote, 'n beroep op gesinne landwyd om hierdie Saterdag vir hoop te stap…
12 Feb 9AM 1 min
700 – 720