Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die G20, as die wêreld se grootste ekonomieë, kan 'n reuse-invloed hê om lyding te verlig, te verseker dat ekonomiese groei wyd gedeel word, en die wêreld op 'n beter, meer vreedsame koers vir die toekoms te plaas. Hy het die media…
President Cyril Ramaphosa het Afrikalande versoek om hul ekonomiese samewerking te verbeter en gesê dit is noodsaaklik vir vastelandontwikkeling en -integrasie, en die bou van veerkragtigheid en selfstandigheid. Hy het gisteraand 'n dinee aangebied vir Afrika-staatshoofde en regeringsamptenare wat die G20-leiersberaad in Sandton bywoon. Ramaphosa sê Afrikalande moet die G20…
Voetgangers wat in Windhoek raakgery is, was die Copps 94.1-span se vernaamste uitdaging Vrydagaand. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus was saam met die stadspolisie en doen verslag van die toneel:
NamWater se tweejaarlikse onderhoudssluiting van die Orano-ontsoutingsaanleg is voltooi, en inwoners van Swakopmund, Nonidas, Arandis en omliggende gebiede kan water soos normaal gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Namwater se woordvoerder, Lot Ndamanomhata, wat bevestig alles is terug na normaal.
Handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en Amerika kan ernstig beïnvloed word namate die oorhandiging van die G20-presidentskap aan Amerika in die weegskaal hang. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig hy sal 'n junior ambassade-verteenwoordiger stuur om die presidentskap te ontvang, maar president Cyril Ramaphosa verwerp hierdie plan. 'n Ontleder aan die…
Die Direktoraat van Veeartseny het 'n opdatering uitgereik rakende die voorkoms van hondsdolheid in Kaapse pelsrobbe in Walvisbaai. Die eerste aangemelde geval was in Junie by die Walvisbaai-strandmeer. Sedertdien is drie bykomende gevalle by Pelican-punt in Walvisbaai tussen 8 en 13 November aangemeld, met monsters wat positief bevestig is deur…
Namibië se Capricorn Eagles het teruggebons en hul tweede wedstryd by die IKR Vroue Ontluikende Nasies Trofee-toernooi in Bangkok, Thailand gewen. Die Eagles het Uganda met 12 lopies geklop nadat hulle eerste gekolf en 83 vir 8 in hul 20 kolfbeurte aangeteken het. Hulle het daarna Uganda beperk tot 71…
Namibië se konstruksiebedryf is dalk nog ver van volle herstel, maar die sektor se vooruitsigte begin uiteindelik ophelder. Die uitvoerende hoof van die Konstruksie Industrie Federasie, Bärbel Kirchner, sê momentum is besig om op te bou, gedryf deur groot openbare en private projekte in energie, water, hawens, logistiek en industriële…
Die mynbou- en steengroefsektor dryf steeds Namibië se produsenteprysindeks. Dit is volgens die jongste produsenteprysindeks wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is, wat toon dat die sektor met 24,5 persent in die derde kwartaal van 2025 gestyg het, tot 120 basispunte vergeleke met 96,3 basispunte in die vorige kwartaal. Dit…
Oekraïne se verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Khrystyna Hayovyshyn, sê daar is net een realistiese manier om die oorlog te beëindig: Rusland moet oortuig word om ekonomies, polities en militêr te onttrek. Oekraïne het die konsep-vredesplan ontvang wat tussen president Donald Trump van Amerika se administrasie en Rusland onderhandel is…
Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, sê die ministerie beplan om weerkaatsers vir diere in gemeenskaplike areas in te stel om nagtelike padongelukke wat deur vrylopende diere veroorsaak word, te verminder. Nekundi het tydens die inbedryfstelling van die DR1635-pad in Epukiro gesê dat verkryging reeds aan die gang…
Die Vryheidsfront Plus kritiseer die Departement Agronomie aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit AgriWetenskappe oor sy advertensie vir twee internskappe vir junior navorsingsassistente. Wynand Boshoff van die party sê die advertensie lui onder andere dat slegs swart, gekleurde, Indiese en Chinese Suid-Afrikaanse burgers oorweeg sal word. Boshoff sê die advertensie…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanoggend die gradeplegtigheid vir die Vyfde Senior Bevel- en Stafkursus by die Namibiese Bevel- en Stafkollege in Okahandja gelei. Die kursus is die hoogste kwalifikasie wat deur die instelling aangebied word. Nandi-Ndaitwah het die gegradueerdes aangespoor om hul nuutverworwe vaardighede toe te pas om beide nasionale…
Die voorval waar Donald Trump 'n verslaggewer 'n "varkie" genoem het en haar op Air Force One gevra het om stil te bly lok steeds reaksie uit. Die Bloomberg-joernalis Catherine Lucey, het ook oor die Jeffrey Epstein-skandaal gevra. Die voorval is deel van 'n patroon van persoonlike aanvalle deur Trump…
Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê hy sal met Amerikaanse president Donald Trump onderhandel oor 'n Amerikaans-gesteunde konsep-vredesplan wat 'n beroep op Kiëf gedoen het om pynlike toegewings te maak ten einde Rusland se inval in sy land te beëindig. Zelensky se kantoor het bevestig dat hy in die komende…
Die DA sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die uitleenkoers te verlaag, wys die nuwe inflasieteiken-regime is ʼn welkome hervorming deur die regering van nasionale eenheid. Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het die uitleenkoers met 25 basispunte afgebring tot 6,75-persent. Wendy Alexander van die DA sê meer moet gedoen…
Politieke ontleder Marius Kudumo waarsku teen die etikettering van Namibië se jeug as apaties, omdat hulle nie belangstelling in die verkiesings toon nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het hy gesê die werklike probleem lê dalk in groeiende wantroue, veral onder jongmense in die noorde wat sê dat…
Ohlthaver & List het tot dusver meer as 600 miljoen Namibiese dollar belê in die uitbreiding van sy toerismeportefeulje, na die verkryging van nuwe ondernemings en voortgesette kapitaalverbintenisse oor sy gasvryheidsbates. Uitvoerende voorsitter van die O&L Groep, Sven Thieme, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die jongste beleggings die…
Bitcoin is weer onder druk. Die wêreld se grootste kriptogeldeenheid het kortliks onder 90 000 Amerikaanse dollar gedaal, sy laagste vlak in sewe maande, en al sy winste vir die jaar uitgewis voordat dit herstel het toe die Amerikaanse markte Woensdag geopen het. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus…
21 Nov 5AM
1 min
660 – 680
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.