President Netumbo Nand-Ndaitwah het haar nooienstoespraak by die 80ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York gelewer. Sy het verskeie kwessies aangeraak en haar administrasie geloof vir sy prestasies tot dusver. Sy sê dit is ‘n tyd van globale onsekerheid.
Die UDM sê hy is woedend en hartgebroke oor onlangse berigte van seksuele misbruik, teistering en wangedrag waarby onderwysers regoor die land betrokke is. Die waarnemende sekretaris-generaal, Zandile Phiri, sê daar het verlede maand sake in Gauteng, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat voorgekom wat 'n diep en sistemiese krisis…
Reid Wiseman, die bevelvoerder van Artemis II, Nasa se volgende sending na die maan, sê dat hy en sy bemanning dinge sal sien wat geen mens nog ooit gesien het nie. Wiseman het op 'n nuuskonferensie in die Johnson Space Centre in Houston, Texas, gesê dat sy ruimtetuig waarskynlik oor…
Die massiewe veldbrand in die Etosha Nasionale Park woed steeds voort. Die omgewingministerie sê dat die brand, wat deur die suidwestelike deel van die park en plase geskeur het, vermoedelik Maandagaand ontstaan het uit nabygeleë houtskoolproduksie-aktiwiteite. Toe dit begin het, is meer as 81 000 hektaar in net twee uur…
Die landbou-organisasie TLU SA het die suksesvolle arrestasie bevestig van 24 verdagtes wat betrokke is by onwettige jag met honde in Ermelo, Mpumalanga. Bennie van Zyl van TLU sê die ondersoek is deur plaaslike boere, die polisie en die Dierebeskermingsvereniging uitgevoer en daar is beslag gelê op 50 honde en…
In 'n poging om toenemende gemeenskaps- en landboubekommernisse aan te spreek, gaan president Netumbo Nandi-Ndaitwah Gobabis op 1 Oktober besoek. Die besoek kom te midde van toenemende uitdagings waarmee inwoners en boere te kampe het, van watertekorte en weidingsgeskille tot diensleweringsprobleme. Gemeenskapslid Marie Beukes het meer besonderhede met Kosmos 94.1…
Parlementslede het kommer uitgespreek oor verskeie verslae en riglyne wat, ten spyte daarvan dat hulle deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is, nog nie geïmplementeer is nie. Dit sluit in aanbevelings wat deur verskeie parlementêre staande komitees voorgelê is. Die kwessie is in die Nasionale Vergadering geopper deur AR-leier Job Amupanda…
Die politieke ontleder Henning Melber sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah moet die geleentheid by die 80ste VN Algemene Vergadering aangryp om druk uit te oefen vir herstelbetalings oor die Ovaherero-Nama-volksmoord. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die raamwerk van die saak binne die breër Globale Suide se eise vir…
In sy terugkeer na Amerikaanse televisie Dinsdagaand het Jimmy Kimmel 'n hartseer toon gehandhaaf oor sy omstrede opmerkings ná die dood van Charlie Kirk, sonder om jammer te sê. Hy het dit ook duidelik gemaak dat die woede van die afgelope dae hom nie sal dwing om sy behandeling en…
TransUnion se jongste Consumer Pulse-studie toon 'n vlaag van optimisme oor die ekonomie onder Namibiërs, met 71 persent wat sê dat hulle hoopvol voel oor die jaar wat voorlê, en 78 persent wat 'n inkomsteverhoging verwag. Ekonoom Gabriel Erastus, wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, dring egter aan dat…
Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê die taakspan vir politieke moorde het kragtige misdaadsindikate ontbloot, wat deur senior polisiebeamptes beskerm is. Masemola het aan die Madlanga-kommissie in Pretoria gesê die eenheid se ondersoeke het aan die lig gebring hoe georganiseerde netwerke met behulp van hooggeplaaste amptenare in wetstoepassing gewerk het…
Die landbouministerie het meer inligting verskaf oor presies hoe ver hy is met sy oorsig van die tegniese verslag rakende in situ-loging van uraan by Leonardville. Die projek staar sterk teenkanting van plaaslike boere in die gesig met kommer oor potensiële bedreigings vir die gebied se akwifer. Die ministerie se…
Nagenoeg 3 500 mense is gereed met hulle roosters op Loftus in Pretoria om op Erfenisdag 'n Guinness-wêreldrekord te verbeter. Die plan is om Japan se 2023-rekord van 2 220 mense wat gelyktydig braai, te oortref. 'n Woordvoerder van Guinness Wolrd Record Manchester, Glenn Pollard, het aan Newzroom Afrika gesê…
Vryheid van spraak oorheers die Amerikaanse nuustoneel met beweerde politieke inmenging deur die Withuis in die Jimmy Kimmel-sage. Aktrise Angelina Jolie het die kwessie aangeraak by ‘n perskonferensie van die San Sebastian Filmfees in Spanje.
Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens het sy teengifvervaardiging by sy opgeknapte fasiliteit hervat deur sy Suid-Afrikaanse Entstofprodusente-filiaal. Die eerste versending van 536 polivalente teengif-eenhede is twee weke gelede vrygestel, met nuwe voorraad wat vervaardig word. Polivalente en skerpioen-teengif sal vroeg in November beskikbaar wees en spinnekop- en boomslang-teengif teen einde November. Die…
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens hou tans bloedskenkingsklinieke in Khorixas en Outjo. Skenkers, veral dié met O-tipe, word aangemoedig om bloed te skenk om lewens te help red. Kosmos 94.1 Nuus het met Frieda Vatileni-Asino van die diens gesels.
Die AR-leier Job Amupanda het Dinsdag in die parlement kennis gegee dat hy vandag 'n mosie ter tafel sal lê dat Namibië van die Internasionale Strafhof onttrek. Dit volg kort op die hakke van Burkina Faso, Mali en Niger wat Maandag aangekondig het dat hulle van die hof onttrek, en…
Namibië se toerismesektor toon sterk herstel, met gemiddelde besettingsyfers wat tot dusver vanjaar 50,07 persent bereik het, teenoor 48,93 persent in 2019. Nou is die Switserse lugredery Edelweiss gereed om twee keer per week direkte vlugte tussen Zürich en Windhoek te loods vanaf Junie 2026. In 'n onderhoud met Kosmos…
Kandidaatregistrasie vir die komende streek- en plaaslike owerheidsverkiesings open Vrydag amptelik. Politieke partye het tot 16 Oktober om hul kandidate te registreer, terwyl onafhanklike kandidate hul name teen 14 Oktober moet indien. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM gepraat, wat sê dat hulle steeds besig is om hul kandidate…
24 Sep 5AM
1 min
2160 – 2180
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.