Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1860 – 1880

LPO lewer kritiek oor verpolitisering van landbou

Die Lewendehawe Produsente Organisasie, die LPO, het meer as 2 miljoen Namibiese dollar bestee om sy vee-uitvoerstatus te beskerm na Job Amupanda se rooilynsaak. LPO-voorsitter Jako van Wyk het hoop uitgespreek dat die probleem nou opgelos is, maar gewaarsku dat die verpolitisering van die landbousektor steeds Namibië se ekonomie benadeel…
7 Oct 6AM 1 min

Groenammoniak: Kenner sê dis 'n bose kringloop

Namibië se vlagskip groenammoniak-projek, Hyphen, het 'n knou gekry nadat die Duitse nutsmaatskappy RWE uit 'n groot voorsieningsooreenkoms onttrek het. Die regering besit 24 persent aandeel in die projek. Energiekenner Chris Yelland het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die wêreldwye groenwaterstofbedryf groeipyne beleef. Hy sê die sektor is vasgevang…
7 Oct 6AM 1 min

Kombat twee dae sonder water, inwoners sal dalk nog twee weke wag

Cenored het 'n kontrakteur uitgestuur om elektrisiteitsverbindingsprobleme in Kombat op te los. Inwoners is sedert Donderdag sonder lopende water, as gevolg van 'n gebrek aan elektrisiteitstoevoer na waterpompe. Kosmos 94.1 Nuus verneem dat watertoevoerprobleme in Januarie begin het na die sluiting van die Kombat-myn, wat gratis water aan die gemeenskap…
7 Oct 6AM 1 min

Shangula het ook kommer oor Psemas-lede by staatsfasiliteite

Voormalige gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het kommer uitgespreek oor die beplande beperking van Psemas tot slegs openbare gesondheidsorgfasiliteite vanaf April 2026. Hy stem saam dat dit bykomende druk op die reeds oorbelaste openbare gesondheidsektor kan plaas. Psemas bied tans dekking aan meer as 298 000 staatsamptenare. In 'n onderhoud met…
7 Oct 5AM 1 min

Strafhof hoor saak aan oor werkers se reg om te staak

Die vakverbond Cosatu het die Internasionale Strafhof se saak verwelkom oor werkers se onvervreembare reg om te staak. Die Strafhof het gister met 'n verhoor begin om te bepaal of die reg om te staak deur internasionale reg beskerm word. Dit is die eerste keer dat die wêreld se hoogste…
7 Oct 5AM 1 min

Nanso reageer op haglike koshuis video

'n Video sirkuleer op sosiale media wat die vervalle toestand van die !Oe#Gab Laerskool in die Erongo-streek illustreer. Twee-honderd-nege-en-sewentig leerlinge was Vrydag huis toe gestuur weens 'n sanitasiekrisis by die skool. Sestien leerlinge is met erge diarree en braking in die Usakos Staatshospitaal opgeneem. Een van hulle is in 'n…
7 Oct 4AM 1 min

Greta sê niemand kan sê hulle het nie geweet nie

Aktivis Greta Thunberg is by die huis na Israelse owerhede haar en ander aktiviste van die Global Sumud-flottielje vrygelaat het. Sy het ook mishandeling in aanhouding beweer maar sê dit is nie die werklike storie nie.
7 Oct 4AM 1 min

Suid-Afrikaners op flottielje word vandag vrygelaat

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het bevestig dat die groep Suid-Afrikaners, wat deel was van die Global Sumud-flottielje en daarna deur Israelse owerhede aangehou is, vandag vrygelaat sal word. Die groep, insluitend Mandla Mandela en skrywer en kulturele aktivis Zukiswa Wanner, is verlede week aangehou terwyl hulle probeer…
7 Oct 3AM 1 min

Illinois nader hof om Nasionale Wag uit Chicago te kry

Die Amerikaanse staat Illinois het 'n regsgeding aanhangig gemaak in 'n poging om die Trump-administrasie te keer om gefederaliseerde Nasionale Garde-troepe op die strate van Chicago te ontplooi. Die Illinois prokureur-generaal sê in hofstukke Amerikaners behoort nie onder die bedreiging van okkupasie deur die Amerikaanse weermag te leef nie, net…
7 Oct 3AM 1 min

Lesufi was nalatig met korrupsie-ondersoek

Die DA in Gauteng beskuldig premier Panyaza Lesufi dat hy swak toesig gehou het oor die township-elektrifiseringsprogram wat deel is van 64 miljoen Suid-Afrikaanse rand korrupsie-skandaal wat deur die Valke ondersoek word. Die provinsiale leier van die DA, Solly Msimanga, sê miljoene is betaal aan 'n kontrakteur vir 81 transformators,…
7 Oct 2AM 1 min

McNab waarsku oor stamgebondenheid

Die goewerneur van die Hardap-streek, Riaan McNab, doen 'n beroep op inwoners om hulself te weerhou van stam- en streeksgebondenheid. Dit is te midde van dreigemente deur inwoners van Mariental om onderhoude by die dorp se kantoor van die gesondheidministerie te staak nadat hulle beweer het dat die ministerie kandidate…
7 Oct 2AM 1 min

VSA-regeringsluiting: Daar’s geen samesprekings nie

Die Demokratiese leier van die Senaat, Chuck Schumer, het president Donald Trump se bewering verwerp dat onderhandelinge met sy party aan die gang is. Twee voorstelle om die regering te befonds, een van die Demokrate en een van die Republikeine, het albei Maandagaand in die Senaat misluk. Dit beteken die…
7 Oct 1AM 1 min

ANC verbind hom aan swartbemagtiging

Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het sy verbintenis aan Swart Ekonomiese Bemagtiging herbevestig as 'n sleutelinstrument om vorige ongeregtighede aan te spreek en huidige ekonomiese ongelykhede te verminder. Die party het sy spesiale NUK-vergadering in Boksburg, in Ekurhuleni, Gauteng, gister afgesluit. In sy slotopmerkings het party-president Cyril Ramaphosa…
7 Oct 1AM 1 min

Daures is in werklikheid ‘n wêreld erfenisterrein - kenner

Reaksie word ontvang op die besluite van die 22ste kabinetsvergadering waarvolgens Namibië regmaak om sy derde erfenisterrein te registreer by Unesco. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Peter Cunningham gepraat oor die registrasie van Daures, bekend as Brandberg, as wêreld-erfenisterrein.
7 Oct 1AM 1 min

Gobabis gasheer vir Shell V-Pwer M+Z tydren die naweek

Die vyfde en voorlaaste nasionale tydren kampioenskappe vind die naweek in Gobabis plaas. Daar is 16 spanne in die Shell V-Power M+Z tydren ingeskryf wat mekaar die stryd in beide die S- en CR-klasse sal aansê. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
7 Oct 1AM 1 min

Groot frustrasie met seekoei stropery by die Okavango

Daar is weer ‘n seekoei by die Okavangorivier gestroop. Die karkas is aan die Angolese kant gevind en Namibiërs het oorbeweeg om die vleis te oes. Hulle is deur Angolese owerhede gearresteer. Mark Paxton van die nabygeleë Shamvura Camp sê hulle het al met die omgewingministerie gepraat en volgens die…
7 Oct 12AM 1 min

Voorskou op skuldvlakke onder Namibiërs

Die Namibiese Statistieke-agentskap is besig met sy finansiële inklusiwiteit opname, en die laaste opname in 2017 het skokkende patrone onthul. Cirrus het in 'n ontleding daarvan bevind dat die hoofrede vir lenings was om kos te koop. Dit was die geval vir 42 persent van respondente, terwyl 18 persent gesê…
7 Oct 12AM 1 min

Buitelandse vragmotorbestuurders in KZN aangekla, onveilige voertuie

Buitelandse vragmotorbestuurders is aangekla, en verskeie vragmotors met verslete bande is in beslag geneem na padveiligheidsinspeksies in KwaZulu-Natal. Owerhede sê die optrede teiken onveilige voertuie wat lewens op Suid-Arikaanse paaie in gevaar stel. Woordvoerder van die Departement, Ndabezinhle Sibiya, sê die bestuurders staar regstappe in die gesig, terwyl die gehokte…
6 Oct 11PM 1 min

Tweede herdenking van Gaza-oorlog te midde van samesprekings

Dit is vandag twee jaar sedert Hamas Israel op 7 Oktober 2023 aangeval het, en indirekte samesprekings oor 'n finale ooreenkoms oor 'n Amerikaanse vredesplan om die oorlog in Gaza te beëindig, het Maandag begin. Egiptiese en Katari-amptenare sal afsonderlike vergaderings hou met afvaardigings van Israel en Hamas in die…
6 Oct 11PM 1 min
1860 – 1880