Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa het vanoggend met die Okahandja -dorpsraad vergader om verskeie probleme wat deur inwoners geopper word, aan te spreek. Inwoners kla al lank oor onder meer swak dienslewering en grond-toewysing, en vra dat die dorpsraad ontbind word. Na die vergadering het Sankwasa die gemeesnkap na…
Die ANC het die tien belangrikste ingrypings uiteengesit om ekonomiese groei te bevorder en werk te skep. President Cyril Ramaphosa het tydens die afsluiting van die spesiale nasionale uitvoerende komiteevergadering in Boksburg gesê die maatreëls fokus op die uitbreiding van elektrisiteitsinfrastruktuur, die herlewing van die chroom- en mangaanbedrywe, die bevordering…
Wolke trek saam in die hoofstad met druppels wat plek-plek voorgekom het. Namibiërs wag vir die eerste behoorlike reën van die seisoen en met die onlangse veldbrande in Etosha word daar ook vir reën gehoop. Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van die Windhoek weerkantoor gesels.
Die naweek het die president Netumbo Nandi-Ndaitwah lofliedere gesing oor plaaslike owerhede tydens die party se bekendstelling van sy verkiesingsveldtog in Walvisbaai. Volgens haar werk die Swapo-party daartoe om effektiewe en reagerende plaaslike en tradisionele owerhede aan te moedig. Sy het wel tereg aangewys dat plaaslike owerhede die hart van…
Reaksie word ontvang op berigte dat die regering die toerismesektor in die voet skiet met sy nuwe visumregime. Daar is reuse uitdagings met die aanlyn stelsel, en dit te midde van groot vraag na die land. Die sektor toon uiteindelik herstel na die pandemie en passasiersaankomste het 144 500 in…
Die Vereniging vir Staatsamptenare sê ondanks opvoeders se diepgaande impak, veral in landelike en gemarginaliseerde gemeenskappe, word hulle aan hulle eie lot oorgelaat om verkrummelde infrastruktuur, onvoldoende hulpbronne en 'n gebrek aan erkenning te trotseer. Daar is tans ongeveer 405 000 opvoeders in die land se onderwysstelsel. Claude Naicker van…
Rugby: 'n Lid van Engeland se 2003 Wêreldbekerwenspan, Lewis Moody is met motorneuronsiekte gediagnoseer. Die 47-jarige, wat in 2005 saam met die Britse en Ierse Leeus getoer het, het uitgevind dat hy die siekte het nadat hy gedurende oefening in 'n gimnasium 'n swakheid in sy skouer ondervind het. Spelers…
Die Nictus-groep maak gereed vir boubedrywighede in Rehoboth. Die groep het aangekondig dat hulle 'n Build It-tak in Rehoboth sal bou en bedryf. Volgens die groep sal die tak volgende jaar oopmaak. Francois Wahl, die Nictus-groep se besturende direkteur het meer.
'n Senior Suid-Afrikaanse vennoot in geslagsgeregtigheid en internasionale reg, Wendy Isaack, het gesê dat terwyl Namibië en ander Afrika-regerings die insluiting van apartheid in die VN-konsepverdrag oor misdade teen die mensdom ondersteun, die huidige regsdefinisie daarvan verouderd is. Sy het gepraat oor 'n bespreking met die burgerlike samelewing en opgemerk…
Die Namibiese kuberveiligheid sekuriteit reaksiespan, NAM-CIRT, het bevestig dat Nsfaf ‘n databreuk gehad het met duisende studente se besonderhede wat aanlyn op sy webtuiste gepubliseer is. Intusen het die fonds 'n verklaring uitgereik en sê dit was 'n interne fout. Kosmos 94.1 Nuus het met Tanya Hopker van Meinert Security…
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê 'n spesialisspan het met 'n groep Suid-Afrikaanse aktiviste vergader wat by die Negev Israelse gevangenis aangehou word. Die groep, insluitend Mandla Mandela, was aan boord van hulpskepe op pad na Gaza wat deel gevorm het van die Global Sumud Flotilla, toe hulle…
Netflix se reeks, Famous Last Words, doen onderhoude met bekendes met die doel om dit na hulle afsterwe uit te saai. So ‘n onderhoud is met die primatoloog dr. Jane Goodall, wat verlede week op die ouderdom van 91 oorlede is, gedoen en uitgesaai.
Die Namibiese Akkerbouraad sê 'n gebrek aan data oor informele vrugte- en groenteverkopers belemmer pogings om die sektor te reguleer en plaaslike produsente te beskerm. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die Akkerbouraad se tuinbou-ontwikkelingsbestuurder, Emilie Abraham, gewaarsku dat die huidige verkoperdatabasis onvolledig is, wat gapings in toesig…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het by Swapo se bekendstelling van sy veldtog vir die plaaslike owerheidsverkiesing in Walvisbaai onder andere lofliedere gesing oor die Nasionale Jeugfonds wat voorgestel was in die Nasionale Ontwikkelingsplan 6. Vanuit 11 400 aansoeke, het net 42 befondsing gekry. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder…
Die Khomas Belastingsbetalers- en Inwonersvereniging word toegelaat om hulle hoed in te gooi vir die plaaslike owerheid verkiesings. Die Verkiesingskommissie het die groep toestemming gegee om met ander politieke partye mee te ding hierdie komende verkiesing wat in November gaan plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het met die groep se woordvoerder…
Vyftien finaliste vir die vyfde Earthshot-toekennings is aangekondig. Die jaarlikse kompetisie, wat in 2020 deur Prins William van stapel gestuur is, erken innoveerders wat oplossings uitdink vir die wêreld se dringendste omgewingsprobleme. Vanjaar se finaliste sluit in 'n eerste mikroplastiekfilter, die wêreld se eerste wolkekrabber wat geheel en al opwaarts…
Die onderwysministerie het amptelik die Onderwysers se Geestesbewustheidsveldtog van stapel gestuur, 'n eerste-van-sy-soort-inisiatief in Namibië. Dit staan as 'n dapper daad van solidariteit met opvoeders wat die toenemende tol van emosionele uitputting, finansiële druk en gebrek aan geestesgesondheidsondersteuning aanspreek wat onderwysers landwyd in die gesig staar. Chamelida Kaiser, die voorsitter…
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee is besig met 'n ambisieuse ekonomiese aksieplan wat daarop gemik is om Suid-Afrika se ekonomie te verbeter. Die voorsitter van die subkomitee vir ekonomiese transformasie, Zuko Godlimpi, sê die plan, wat deur ANC-president Cyril Ramaphosa uiteengesit sal word, is van kritieke belang vir ekonomiese…
Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê daar is 'n dringende behoefte aan verandering, aangesien die land nie die beste gedien word deur soveel verskillende partye te hê nie. BOSA het kragte saamgesnoer met die GOOD-party en RISE Mzansi om een politieke party, Unite for Change, te…
6 Oct 3AM
1 min
1880 – 1900
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.