Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1840 – 1860

Trump vergader met Carney

Amerikaanse president Donald Trump en Kanadese eerste minister Mark Carney het Dinsdag samesprekings gehou oor handel en ander kwessies. Terwyl die twee vroeër koppe gestamp het nadat Trump gesê het Kanada behoort by Amerika ingelyf te word en hoër handelstariewe op die land ingestel het, was die atmosfeer merkbaar ligter…
8 Oct 1AM 1 min

Dis nie net vee en wild wat gesteel word nie...

Veediefstal en-stropery duur onverpoosd voort op plase regoor die land, volgens Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security. In 'n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus het Spangenberg onthul dat misdadigers nou ook sonkrag-pompe begin teiken, met sewe wat in 'n week as gesteel aangemeld is. Hy sê dat die voortdurende…
8 Oct 1AM 1 min

Trustco kap terug na N$5m boete deur JSE

Trustco Groep kap terug na hy 'n boete van 5 miljoen Namibiese dollar en openbare kritiek van die Johannesburg Effektebeurs opgelê is. Die beurs het Trustco daarvan beskuldig dat hy aandele in sy mynboufiliaal, Meya Mining, sonder aandeelhouersgoedkeuring verkoop het. Die geskorste genoteerde maatskappy sê die beurs is te blameer…
8 Oct 12AM 1 min

Maak eers tuis reg voor jy die land begin verkoop

Die jongste kwartaallikse ekonomiese oorsig deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing vra moeilike vrae oor die toekoms van die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad. Ten spyte van 'n projek-pyplyn van 174 miljard Namibiese dollar en meer as 700 miljoen dollar in openbare befondsing, sukkel die raad met dalende private beleggings, swak…
8 Oct 12AM 1 min

Teddy Bear-stigting dring op aanspreeklikheid

Die drukgroep SECTION27, wat die Teddy Bear-stigting verteenwoordig, het die hof in Pretoria genader met 'n aansoek vir 'n bevel teen verskeie departemente om die Nasionale Kinderbeskermingsregister op datum te hou en te implementeer. Die aansoek spruit uit 'n saak in 2022 waarin 'n leerder by 'n skool in Noordwes…
7 Oct 11PM 1 min

Kongreslede looi Bondi in bitsige sessie

Oor na Amerika, en prokureur-generaal Pam Bondi, wat deur president Donald Trump gekies is om die departement van justisie te lei, moes in 'n soms bitsige sessie vrae in die Kongres antwoord oor politieke druk op die departement. Dit volg nadat Trump op sosiale media haar gedruk het om sy…
7 Oct 11PM 1 min

Nuwe Kunene-streekshoof wil fokus op sleutelbydraers tot aanrandings

Die nuut aangestelde NamPol streeksbevelvoerder vir die Kunene-streek, kommissaris Eric Clay, prioritiseer die stryd teen alkohol- en dwelmmisbruik, sleutelbydraers tot aanrandingsake in die gebied. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Clay, wat op 1 Oktober in die amp getree het, gesê sy leierskap sal fokus op sterk, samewerkende…
7 Oct 11AM 1 min

Mthethwa se liggaam Vrydag in SA verwag

Die woordvoerder van die familie van die ontslape ambassadeur Nathi Mthethwa, Sfiso Buthelezi, het bevestig hy het sy liggaam in die lykshuis besigtig voor repatriasie. Mthethwa is verlede week dood toe hy volgens berigte van die 22ste verdieping van die Hyatt Regency Hotel in Parys geval het. Sy oorskot sal…
7 Oct 11AM 1 min

Alte Feste-restourasie sal N$60 miljoen kos

Restourasiewerk by die Alte Feste Museum is aan die gang en sal na verwagting binne die volgende jaar voltooi wees, ten spyte van die onttrekking van 'n Amerikaanse toelaag van 4 miljoen Namibiese dollar. Die projek word gelei deur die Namibia Craft Centre in vennootskap met die ministerie van kuns…
7 Oct 10AM 1 min

N$1,5 miljoen aan ingevoerde krag 'kon na Namibiese sakke gaan'

Volgens Eskom se internasionale verkope per land-verslag het Namibië 1 079 gigawatt-ure elektrisiteit uit Suid-Afrika ingevoer in die finansiële jaar wat op 31 Maart 2025 geëindig het. Die invoere het Namibië 1,5 miljard Namibiese dollar in inkomstebydraes aan Eskom gekos. Namibië se invoere het meer as verdubbel van 423 gigawatt-ure…
7 Oct 10AM 1 min

Cedric Willemse sal op 28 Okt. hoor oor borgtog

Slotbetoë is vandag aangehoor in die borgtogaansoek van Cedric Willemse, die voormalige Namcor-bestuurder wat op 17 aanklagte in die Namcor-korrupsieskandaal teregstaan. Aanklaers sê Willemse het probeer vlug en beskuldig hom daarvan dat hy massiewe finansiële verliese moontlik gemaak het. Maar sy verdediging hou vol dat die Staat nie bewyse het…
7 Oct 10AM 1 min

Dís hoekom Mariental pensioenarisse se skuld afgeskryf het

Die Mariental-munisipaliteit het senior burgers se agterstallige skuld van meer as 1,2 miljoen Namibiese dollar afgeskryf. Ongeveer 249 pensioenarisse het hierby gebaat, na 'n besluit deur die raad tydens 'n vergadering wat verlede maand gehou is. Kosmos 94.1 Nuus het met Mariental se burgemeester, Cherien Kock, gepraat wat sê die…
7 Oct 9AM 1 min

SA aktiviste van Gaza-flottielje kom in Jordanië aan

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het die veilige aankoms van die Global Sumud-flottielje se aktiviste in Jordanië aangekondig. Hy sê die Suid-Afrikaanse ambassadeur, Tselane Mokuena, was teenwoordig om die afvaardiging namens die land te ontvang. Lamola herbevestig die regering se opregte dankbaarheid aan alle belanghebbendes wat…
7 Oct 9AM 1 min

Regering praat (weer) met Angola oor kinders op strate

Kommer het weer ontstaan oor groepe minderjariges, na bewering van Angola, wat houtprodukte in dorpe regoor Namibië verkoop. In Mei 2024 is die kinders en hul moeders terug na Angola begelei, maar die kinders is terug. Kosmos 94.1 Nuus het met Nghidinua Daniel, uitvoerende direkteur van binnelandse sake gesels, wat…
7 Oct 8AM 1 min

Meer as 15 000 verdagtes in arres in een week

Die polisie het die afgelope week 15 350 vermeende misdadigers in hegtenis geneem as deel van landwye Shanela-operasies. Onder die arrestasies is 176 moordverdagtes en 155 vir poging tot moord. Die Oos-Kaap het die hoogste aantal moordarrestasies gesien, met 60, gevolg deur KwaZulu-Natal, met 43. Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê…
7 Oct 8AM 1 min

Molefe en kie sal verskyn op korrupsieklagte

Die voormalige uitvoerende hoof van Transnet, Brian Molefe, sal na verwagting in die hof verskyn in 'n korrupsiesaak van miljoene rande wat verbind word met onreëlmatige lokomotiefkontrakte. Die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelshof in Gauteng het die saak tot 18 November uitgestel vir die indiening van 'n aanklag. Die woordvoerder van…
7 Oct 6AM 1 min

Namibië woon Statebondsparlementêre Konferensie by

Namibië se parlement neem tans deel aan die 68ste Statebondsparlementêre Konferensie, wat tot 12 Oktober in Bridgetown, Barbados plaasvind. Die geleentheid bring parlementslede en personeel van regoor die Statebond bymekaar. Die Namibiese afvaardiging sal gelei word deur die Voorsitter van die Nasionale Raad, Lukas Muha. Parlementêre woordvoerder Sakeus Kadikwa het…
7 Oct 6AM 1 min

Sekoortreder-register is onnodig

Reaksie word ontvang op die nuus dat ‘n register vir seksoortreders ingestel sal word met die hof wat sal bepaal hoe lank oortreders op die register bly. Toegang tot die register sal deur klaringsertifikate verkry word om die veiligheid en waardigheid van betrokkenes te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met…
7 Oct 6AM 1 min
1840 – 1860