Vanjaar se Nobelprys vir Fisika is toegeken aan die Amerikaners John Clarke, Michel Devoret en John Martinis vir hulle grondverskuiwende proefnemings wat die kwantummeganiese effekte in 'n handgrootte elektriese stroombaan demonstreer. Die bekroondes sal 18-miljoen Namibiese dollar deel. Olle Eriksson van die Koninklike Sweedse Akademie van Wetenskap sê die drietal…
Rugby: Die Haaie se senter Lukhanyo Am, sê hy is vasberade om weer sy plek in die Springbok-groep terug te kry. Die 2019-Wêreldbekerwenner het, as gevolg van beserings, verlede November laas vir die Bokke teen Engeland gespeel. Die Haaie berei voor om in die derde ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap,…
Die Namibiese Mededingingskommissie het sy mandaat as 'n nie-kommersiële openbare onderneming wat nie vir wins bedryf word nie, verduidelik. Dit kom na mediaberigte dat die kommissie finansiële verliese van 65 miljoen Namibiese dollar in drie jaar gely het. Woordvoerder Dina //Gowases sê die boetes wat deur die kommissie ingevorder word,…
President Cyril Ramaphosa het 'n paneel saamgestel wat 'n opvolger vir die Direkteur van Openbare Vervolging moet kies. Die paneel, onder voorsitterskap van die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, bestaan uit leiers van die regsgemeenskap en Hoofstuk Nege-instellings. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die huidige direkteur,…
Die adjunkpresident, Paul Mashatile sê die versterking van die waardekettings op die Afrika-vasteland is noodsaaklik om waardetoevoeging te bevorder en mededingendheid te bereik. Hy het Dinsdag die tweede byeenkoms van die Invest in Senegal-forum toegespreek. Die forum lê hom toe op die bevordering van handel en beleggings deur die sakegemeenskappe…
Arbeidsdeskundige en langdurige voorstander van 'n universele basiese inkomstetoelaag, Herbert Jauch, sê die regering se bekendstelling van die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag sit die pot mis, beide maatskaplik en ekonomies. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Jauch gesê die huidige model sluit baie kwesbare huishoudings uit en penaliseer diegene…
Die Kankervereniging van Namibië sal hierdie Sondag Wêreldhospies- en Palliatiewe Sorgdag vier onder sy nuwe Palliatiewe Sorg Namibië-program. Opknappings by die Swakopmund-sorgeenheid is voltooi, met dienste wat na verwagting in Januarie 2026 sal begin. Om kwesbare pasiënte te ondersteun, het die vereniging in Januarie 2025 'n Palliatiewe Sorgfonds van stapel…
Namibië sal in laat-Oktober hoor of dit van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys gehaal sal word, en of nog werk nodig is. Die land is in Februarie 2024 op die gryslys geplaas en het 'n aksieplan met 13 strategiese tekortkominge gekry wat reggestel moes word, waarvan agt reeds afgehandel is…
Tydens die Lewendehawe Produsente Organisasie se kongres in die hoofstad het die lede na die volhoubaarheid gekyk van die skaapbedryf in Namibië en watter markte die beste sal wees om na uit te voer. Die LPO het Cirrus Capital genader om navorsing in die verband te doen. Romé Mostert, 'n…
Africa Bitcoin Corporation, Afrika se eerste genoteerde Bitcoin-tesouriemaatskappy, is vandag amptelik genoteer op die Namibiese Sekuriteitsbeurs. Hierdie ontwikkeling vorm 'n sentrale deel van die firma se multi-beursnoteringsstrategie, wat daarop gemik is om toegang tot gereguleerde Bitcoin-blootstelling regoor Afrika te verbreed. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die beurs…
Die Direktoraat van Veeartsenykundige Dienste waarsku plaaslike boere oor die potensiële risiko dat bek- en klouseer in die land kan uitbreek. Namibië is een van die min Afrika-lande wat 'n bek-en-klou-vrye sone is sonder inentings, terwyl Suid-Afrika 'n groot uitbreking ervaar. Tydens die Lewendehawe Produsente Organisasie se kongres het boere…
Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy is optimisties oor die vordering wat gemaak is met 'n vredesooreenkoms in Gaza. Onderhandelinge om 'n ooreenkoms gebaseer op Trump se wapenstilstandsplan in Gaza te finaliseer, duur voort in Egipte. Die Amerikaanse spesiale gesant Steve Witkoff en senior adviseur Jared Kushner sal na…
Namibië se uitvoerlandskap bly stewig geanker in die mynbou- en visserysektore, met uraan wat na vore kom as een van die invloedrykste bydraers tot die land se buitelandse verdienste. Die Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namibië toenemend erken word as 'n strategiese speler in…
Die Kanadese premier, Mark Carney, sê hy is optimisties oor die vooruitsigte om uiteindelik 'n handelsooreenkoms met die VSA te bereik. Hy het Dinsdag die Withuis besoek. Die Amerikaanse president Donald Trump het in Julie 'n heffing van 35-persent op Kanadese invoere ingestel, maar het vrystellings toegelaat vir goedere wat…
Plaaslike varkproduksie is besig om te styg, volgens die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad. Die raad se jongste markoorsig toon dat varkvleisproduksie die afgelope jaar met 3,7 persent gestyg het, en verdere groei word verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Desmond Cloete, die raad se bemarkingsbestuurder, wat verduidelik.
AfriForum het Eskom en Nersa se skikking van 54 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat verbruikers 'n jaarlikse tariefverhoging van byna 9 persent kon kos, tydelik gestaak. Die hof in Pretoria het onbestrede die saak van die rol geskrap nadat AfriForum ingegryp het, wat die groep en ander toelaat om by die…
Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi het aan die parlement se ad hoc komitee gesê, kriminele sindikate landswyd het gedeeltes van die regstelsel binnegedring. Die komitee wat Mkhwanazi se beweringe oor polisiekapings aanhoor, het gister begin. Hy het getuig dat korrupsie nie beperk is tot KZN of Gauteng nie, maar…
Die Legacy Landscape Fund waaraan Namibië deelneem word gebruik om die Skedelkus- en Etosha-omgewing in die lang termyn te verbind, om toerisme en bewaring in die twee gebiede te bewerkstellig. Die fonds ontvang jaarliks 1 miljoen euro vir verskeie bewaringsinisiatiewe. Die LLF is 'n wêreldwye organisasie wat in Duitsland gestig…
Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê sy spelers verdien dit om aan volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi deel te neem nadat hulle die afgelope twee jaar baie hard gewerk het. Fifa het verlede maand drie punte van Suid-Afrika afgetrek omdat hulle 'n geskorste speler teen Lesotho laat opdraf het. Broos…
8 Oct 1AM
1 min
1820 – 1840
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.