100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,276 Episodes
760 – 780

Zondagkraal Blom met nuwe enkelsnit

Zondagkraal se enkelsnit "Blom" boer as sowat ses weke op die 100.5FM Top 20. Die groep plaasrockers/suikerrietboere van Komatipoort bestaan uit Hannes Eloff, Roelf Fritz en Christaan van Biljon. Hulle kuier saam met Ludi in die ateljee.
9 Jun 2023 5 min

Henry Davids terug vir Witrivier krieketweek die skoolvakansie

Honderde jong krieket- en hokkiespelers sak tydens die opkomende Junie-skoolvakansie toe op Witrivier wanneer Laerskool Witrivier hul jaarlikse krieket- en hokkieweke aanbied. Iaan Jacobs en Jenny Schoeman vertel vir Ludi en Mireille dit help afrigters om hul spankeuses te finaliseer, maar top-gehalte afrigting vorm die kern van die sportfees. Ryan…
8 Jun 2023 11 min

Wêreldbeker toer deur Mpumalanga voor netbaltoernooi in Afrika

Die president van Netbal Suid-Afrika, Cecilia Molokwane, is op toer van Mpumalanga met die Wêreldbeker voor dit 28 Julie in Kaapstad afskop. Sy het vanoggend saam met die LUR vir sport en kultuur, Thandi Shongwe, in die 100.5FM ateljee kom kuier. Dit is die eerste keer dat 'n wêreldbeker in…
5 Jun 2023 16 min

Curriebeker-kragmeting Saterdag in Mbombela kan bepalend wees

Die Haaie en Cheetahs sal die naweek probeer om tuis halfeindrondes te verseker in die Curriebeker deur onderskeidelik die Leeus in Durban en die Airlink Pumas in Mbombela te klop. Die Pumas bly egter in die wedloop om ‘n tuis halfeindronde. Sou die verdedigende kampioene egter hul oorblywende wedstryde -…
2 Jun 2023 13 min

Sonop gaan Bos en kyk voëls

Die bekende voëlkenner, Duncan MacKenzie, kuier vandag in die ateljee saam met Sonop Ontbyt wat elke Woensdag Bos gaan en oor bewaring en natuurlewe gesels.
31 May 2023 16 min

ISAF help gesinne met spesiale behoeftes hierdie winter

Behandeling en onderrig vir kinders met spesiale behoeftes kan gesinne se finansies onder druk sit, en daarom is Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) op soek na warm klere en komberse om hulle hierdie winter te ondersteun. Cindy Coetzee, die stigter van ISAF, ‘n nie-winsgewende organisasie ter ondersteuning van gesinne met…
31 May 2023 7 min

Doodloopspore ondersoek nog onverklaarde geheime in Suider Afrika

Die ondersoeker en navorser, Wouter Botes, is eersdaags terug op die skerm met nog onverklaarde geheimenisse wat hy probeer oplos: van verdwynings en onopgeloste moorde tot vreemde verskynsels en legendes. Die eerste episode van "Doodloopspore" begin op 15 Junie.
30 May 2023 8 min

Silverdae die begunstidges by 100.5FM se 20ste verjaarsdag

Mei is ons verjaarsdagmaand en jy is genooi om op Vrydag, 26 Mei saam met ons partytjie te hou by die Jock Pub and Grill. Pieter Koen gaan die aand ons litte losskud. Verkope van die 100.5FM pizzaboks is ook ten bate van welwillendheid: 10% van alle opbrengste vanaand word…
26 May 2023 6 min

Curriebeker: Pumas fokus op dissipline, punte voor Bulle stryd

Oorwinnings in die Curriebeker vir die WP en Bulle hierdie naweek kan moeilikheid maak vir die Airlink Pumas. Na 'n goeie begin aan die seisoen kan die verdedigende kampioene tot in die vierde posisie op die punteleer terugsak en daarmee die risiko loop om verbygesteek te word in die twee…
26 May 2023 8 min

Hoe nou gemaak met epilepsie?

Epilepsie is 'n baie misverstaande toestand. Tebogo Sitiba, 'n senior maatskaplike werker by Epilepsie SA-sentrum in Dullstroom, gesels met Charles. Luister weer hier.
25 May 2023 17 min

Mark Haze: "Don't Say Goodbye"

Soms kom musiek van 'n ander plek as jouself, sê die rocker Mark Haze oor sy jongste enkelsnit, "Don't Say Goodbye". Hy het gesels met Ludi oor sy ervaring in die plaaslike musiekbedryf sowel as "Home" wat hy onlangs saam met sy broer, Gareth Haze, opgeneem het. Dit word in…
24 May 2023 17 min

Ruggedwear ondersteun veldwagters

Die Safari Guide of the Year (SGOTY)-toekennings vind eersdaags plaas en word deur die Field Guide Association of Southern Africa (FGASA) aangebied. Michelle du Plessis van FGASA en Howard Rogerson van Ruggedwear gesels met Andri oor hul samewerkingsooreenkoms.
23 May 2023 20 min

"Vind vir Frikkie" hierdie Vrydag en wen met Innibos

Innibos-feesgangers weet al hulle kan elke jaar iets #kraakvars van dié fees verwag. Vrydag vind die Vind vir Frikkie-skattejag plaas, waartydens 50 deelnemers leidrade moet ontsyfer om by agt besoekpunte aan te doen. Hier sal hulle 'n QR-kode skandeer en ‘n bekende kunstenaar sal (via video) ‘n vraag vra wat…
23 May 2023 11 min

Sonop gaan Bos by Kruger Shalati

Die Sonop Ontbyt-span het vanoggend regstreeks uitgesaai vanaf die Kruger Shalati, oftewel die Treinhotel op die brug in Skukuza. Wat ‘n voorreg om dit saam met Wildman Nelspruit te kon meemaak. Marnus Prinsloo gesels met Gerhardt en Andri.
22 May 2023 3 min

Wêreld Byedag: "Bee Engaged"

Wêreld Byedag is Saterdag gevier. Inge Austin van The Beeger Picture het met Adriaan gesels oor bye, heuning en bewaring. Luister weer hier.
22 May 2023 7 min

Sonop gaan Bos met Wildman

Sonop Ontbyt gaan Bos en saai, saam met Wildman Nelspruit, Maandag regstreeks uit vanaf die Selati Trein-hotel in Skukuza. Natuurlik maak hulle vooraf sommer 'n naweek daarvan. Nolan Naudé gesels met Gerhardt en Andri.
19 May 2023 8 min

Bergvlam bied aan Beauty and the Jock

Hoërskool Bergvlam se musiekblyspel vir 2023, "Beauty and the Jock" is geskryf deur twee leerlinge. Jaelyn de Vries en Nina van Heerden gesels met Sonop Ontbyt oor die stuk wat vanaf 22 tot 25 Mei op die planke is.
19 May 2023 12 min
760 – 780