100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,176 Episodes
740 – 760

Bela-wetsontwerp: Wat dit beteken vir tuisskool

Die parlement se portefeuljekomitee vir onderwys hou op 17, 18 en 19 Maart openbare sittings oor die wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) in Mpumalanga. Daar is baie algemene redes waarom skole, beheerliggame en ouers teen die goedkeuring van hierdie voorgestelde wetgewing is, en die spesifieke veranderings aan die tuisonderrig klousule…
9 Mar 2023 15 min

2 000 km op die Oranje vir geestesgesondheid

Drie Laeveldse sakemanne en hul seuns pak eersdaags die 2 000 km van die Oranjerivier op bootjies aan, vandag sy oorsprong net buite die grens met Lesotho tot by Alexanderbaai in Namibië. Dit is alles vir bewusmaking oor geestesgesondheid. Francois Jacobs gesels met Gerhardt oor dié tog.
9 Mar 2023 5 min

Sit die "L" terug in kosblikkies vir Laerskool Laeveld

Die Sonop-ontbytspan het in Februarie die “L” teruggesit in kosblikkies en kon kosblikkes vir 24 leerlinge van Laerskool Laeveld voorsien. Mammas van die skool het saam met Lientjie Steyn en Judy van Dijk die pakkies gister opgemaak. Van Dijk het die skool se broodjieprojek al in 1986 gestig, want vir…
2 Mar 2023 11 min

Man vertel hoe hy vriend uit krokodil se kake red

Jerry Visagie het Sondagmiddag sy vriend, Fanie Fourie, se lewe gered toe 'n krokodil hom aangeval het. Hulle het by 'n privaatdam op ‘n plaas in die Snymansbult-omgewing gehengel. Jerry vertel vir Mireille wat het gebeur.
1 Mar 2023 8 min

Sit die "L" terug in kosblikkies hierdie Valentynsmaand

Vir baie kinders is die maaltyd wat hulle by die skool ontvang, hul enigste maaltyd van die dag. Daarom pak die Sonop-ontbytspan vandag kosblikke vir kinders wat nie so bevoorreg is om ‘n “pouse broodjie” te hê nie. Maatskaplike werker, Danel Liebenberg, gesels met Gerhardt en Andri oor die noodsaaklikheid…
28 Feb 2023 14 min

Interhoër Radio-oorname: Hoërskool Rob Ferreira

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld. Hier is Inge van Wyk en Ryan Sweeney van Hoërskool Rob Ferreira.
27 Feb 2023 8 min

Interhoër Radio-oorname: Hoërskool Bergvlam

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld. Hier is Amahle Zondi en Tammy Baird van Hoërskool Bergvlam.
27 Feb 2023 23 min

Interhoër Radio-oorname: Hoërskool Lydenburg

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld. Hier is Ionah Mkhonto en Rezolia van Rheede van Hoërskool Lydenburg.
27 Feb 2023 10 min

Interhoër Radio-oorname: Hoërskool Lydenburg

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld. Hier is Juan Breytenbach en Bheki Mhlanga van Hoërskool Lydenburg.
27 Feb 2023 8 min

Interhoër Radio-oorname: Lowveld High

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld. Hier is Junior Masinga en Zenande Chiloane van Lowveld High.
27 Feb 2023 17 min

Interhoër Radio-oorname: Hoërskool Barberton

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld. Hier is Nokukhanya Nkosi en Vania Jose van Hoërskool Barberton.
27 Feb 2023 19 min

Ride for a Child: Dag 16

Die Ride for a Child-motorfietsryers het twee weke gelede op ‘n 7 000 km-fondsinsamelingsrit om die land vertrek. Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa hou ons op hoogte van hoe dit verloop.
27 Feb 2023 2 min

Interhoër 2023

‘n Hele paar rekords het Saterdag by die Interhoër-atletiekbyeenkoms gespat. Hoërskool Nelspruit (NHS) het 1 602 punte bymekaar gemaak, Lydenburg 1 369 en Rob Ferreira 1 149. Op die pawiljoen het NHS die “Bring it”-beker vir die opkoms van die dirigente, die Grootbek-beker vir die dirigente groep, die “Move it”-beker…
27 Feb 2023 3 min

Interhoër 2023: Hoërskool Rob Ferreira

Die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms vind môre in Lydenburg plaas en al sewe deelnemende skole ding ook mee om die Blerbeker op 100.5FM. Die dirigente en atlete van Hoërskool Rob Ferreira het in die ateljee kom kuier.
24 Feb 2023 10 min

Interhoër 2023: Hoërskool Barberton

Dit is Interhoër week op 100.5FM en Hoërskool Barberton beloof iets ouskool van hul dirigente vir die atletiekbyeenkoms Saterdag. Van hul atlete en die leerling-omroepers het saam kom kuier in die ateljee.
23 Feb 2023 11 min

Weerdiens monitor tropiese storm Freddy voor hy in Mosambiek aanland

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê tropiese storm Freddy” sal volgens die jongste inligting die noord-oostelike dele van die land vanaf vroeg Saterdag tot Maandag affekteer. Die grootste impak word in Vhembe en Mopani in Limpopo verwag met swaar reën van tussen 200 mm en 400 mm sowel as sterk winde…
23 Feb 2023 1 min

Sarza help in Turkye na aardbewings

Andrew Geldenhuys van Search and Rescue South Africa (Sarza) het pas teruggekeer van Turkye waar hulle verlede week help soek het na oorlewendes na twee verwoestende aardbewings. Hy deel sy ervaring met Charles.
23 Feb 2023 9 min

Interhoër 2023: Penryn College

Dit is Interhoër week op 100.5FM en Penryn College se dirigente en atlete sien uit na die byeenkoms wat Saterdag by Hoërskool Lydenburg aangebied word.
23 Feb 2023 10 min

Interhoër 2023: Hoërskool Nelspruit

Dit is Interhoër week op 100.5FM en Hoërskool Nelspruit staan reg met 'n singspan wat 600 leerlinge sterk is. Die dirigente het saam met juf. Kriekie Bekker in die ateljee kom kuier.
23 Feb 2023 8 min
740 – 760