Leandri Bester wil met Princess to Queen meisies help om die matriekafskeid te hê wat hulle dalk nie kan bekostig nie. Dit het haar laat besef jong vroue wat die grootmenswêreld betree benodig ook 'n paar basiese vaardighede.
Die pediatriese brandeenheid by Rob Ferreira-hospitaal word vanaf volgende week opgeknap. Dr. Elliot Motloung lei dié inisiatief. Hy gesels met Skedaddle, wat self gaan hand bysit Maandag.
Nina Brand, oorspronklik van die Laeveld, maak opgang in die musiekbedryf. Die voormalige leerling van Penryn gesels met Skedaddle oor haar jongste enkelsnit, "Ruined Love for Me".
Mariëtte Jordaan en Delene de Lange het met ander vroue hande geneem en met die WSW (Women Supporting Women)-veldtog volgende maand beoog hulle om vroue te help om hulself te bemagtig.
Altesaam 2 616 motorfietsryers het Saterdag 24 Februarie tussen Jeffreysbaai en Stormsrivier 'n wêreldrekord aangedurf vir die meeste motorfietse ooit wat deelneem aan 'n welwillendheidsrit ten bate van siek kinders. Dit was deel van die vyfde jaarlikse Ride for a Child-veldtog om fondse in te samel om mediese sorg aan…
Kenneth van Zyl is 'n professionele fotograaf wat spesialiseer in die neem van sport- sowel as vermaakfoto's. Hy deel die fynere kunsies van die beroep en sê 'n mens moet nooit ophou leer nie.
Joshua Swart, 'n gr. 7-leering aan Laerskool Laeveld, het onlangs sy skool se redenaarskompetisie gewen met sy argument dat ouers strenger moet wees. Hy gesels met Skedaddle.
Pieter Malan, 'n Laeveldse chef en oud-omroeper by Radio Laeveld, het brons gewen by die gesogte IKA Kulinêre Olimpiese Spele wat onlangs in Stuttgart, Duitsland plaasgevind het. Hy werk tans in Ghana en is op besoek aan Suid-Afrika waar sy jong gesin nog woon. Hy kuier by Skedaddle.
Petrus Sitho baklei vir boere, want die regering weier om ons boere te help en te beskerm. Hy sê vir Sonop Ontbyt Suid-Afrikaners moet hande vat en saamstaan.
Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om 100.5FM se gesogte Blêrbeker deur die beste gees te toon. Penryn se dirigente het by Sonop Ontbyt in die ateljee kom kuier.
Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om 100.5FM se gesogte Blêrbeker deur die beste gees te toon. Lowveld High se atlete en dirigente het by Skedaddle in die ateljee kom kuier.
Ingrid Scheepers het in 2012 Ingrid's Kitchen begin - in haar kombuis. Sy is gaande oor bak, en brou nog ook, maar dié produkte haal nooit die mark nie. Sy sê entrepreneurs moet in hulself en hul produkte glo, want dit neem tyd om 'n ondernemind van die grond af…
Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om 100.5FM se gesogte Blêrbeker deur die beste gees te toon. oërskool Rob Ferreira se dirigente het by Skedaddle in die ateljee kom kuier.
Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om 100.5FM se gesogte Blêrbeker deur die beste gees te toon. Hoërskool Barberton se dirigente het by Skedaddle in die ateljee kom kuier. Willem Steyn, die waarnemende skoolhoof, en die sporthoof Johan Theron, het ook met Charles…
Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om 100.5FM se gesogte Blêrbeker deur die beste gees te toon. Hoërskool Bergvlam se dirigente het by Sonop Ontbyt in die ateljee kom kuier.
Wat kan ons verwag van die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede vanmiddag? Werner Oosthuizen van Efficient Wealth Nelspruit sê die Nasionale Gesondheidsversekering is 'n droom.
Sonell Joubert wil graag haar olifant, Tswale, se groot dam, waarvan die wal gebreek het tydens die oorstromings in Nkomazi verlede jaar, herstel. Om dit te befonds pak hierdie stapper Saterdag 'n 100 km-veldwedloop aan.
Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om 100.5FM se gesogte Blêrbeker deur die beste gees te toon. Die verdedigende kampioene, Hoërskool Lydenburg, se dirigente het by Sonop Ontbyt in die ateljee kom kuier.
MJ Zwane was 'n jong atleet by Uplands wat in 2019 onderweg na 'n byeenkoms in 'n motorongeluk oorlede is. Die skool het besluit om hul jaarlikse byeenkoms vir privaatskole na hom te vernoem. Hilton Kotze van Chas Everitt, die hoofborg, het saam met Ryan McCarthy, die sporthoof by Uplands…
20 Feb 2024
9 min
520 – 540
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.