Adriaan Gryvenstein het op 15 Oktober 2022 sy debuut as radioomroeper gemaak op 100.5FM. Op 16 jaar, vyf maande en 26 dae oud was hy een van die jongste omroepers nog in die land. Hy het onlangs sy 18de verjaarsdag gevier en kyk terug na die begin, sowel as wat…
Colleen van den Bergh bied klasse aan in breiwerk, naaldwerk, hekel en borduurwerk. Sy sê dit is sosiaal en hierdie kreatiewe uitlaatklep doen wondere vir 'n mens. Sy sê borduurwerk beleef tans 'n groot oplewing - ook onder jongelinge.
Charmaine Lombard, 'n reisagent, moes tydens die Covid-pandemie 'n tweede inkomste begin genereer. Sy en haar man, Arno, het Laeveld Deli op die been gebring.
Bergvlam se jaarlikse Vlamfees is in volle swang die week. Hoofdogter, Milde Cronje, en onderhoofseun, Ailton Novele, vertel Skedaddle wat dit alles behels.
Kiesers sal tydens die algemene verkiesing later die maand hul kruisies op drie stembriewe aanbring. Steve Schormann gesels met Kies Koers oor hoe dit werk.
Die Witrivier-gemeenskap span saam om 'n hondeskou aan te bied met al die opbrengste wat die DBV in Witrivier ter wille sal wees. Pricille Smith van King Bean waar dit aangebied word, gesels saam met Lerna du Rand van Just Property en Felicity Lange met Sonop Ontbyt oor die Furr…
Saterdag vind die Laeveld Lugskou, een van die grootste gemeenskapsgeleenthede in die Laeveld, by die Ou Nelspruit-lughawe plaas. Johan Heine en Naranda Leeuwner kuier by Skedaddle in die ateljee.
Mariette Joubert van Joubert en Seuns het maar in 2018 begin om 'n jarelange versugting te bevredig: sy wou 'n ossewa hê, en het hulle intussen begin versamel en restoureer. Haar en manlief Kobus se versameling staan al meer as 50 waens sterk. Sy gesels oor dié passie.
Penryn Prep pas die Reggio Emilia benadering in hul voorskoolse klasse toe, en dit werp ongelooflike vrugte af. Die hoof, Nicole Meyer, gesels met Amanda en Coenie oor wat dit behels.
HunTer Leite, Soné en Scallywag is van die kunstenaars wat vandag vir Jamie Fine open tydens haar konsert by die Laeveld Botaniese Tuin. Hulle het in die ateljee kom inloer.
Die Mass Animal Sterilization Trust (Mast) in Sabie hou gereelde uitreikaksies na omliggende areas waar hulle mense se troeteldiere vir hulle steriliseer. Debbie Moller sê hul fondsinsameling op 1 Mei help om hierdie noodsaaklike diens te befonds.
Juané "Lulu" le Roux (17) gaan vanaf Augustus in Parys, Frankryk, aan die Paralimpiese Spele deelneem. Die Hoërskool Nelspruit-leerling neem in die F46-klas aan gewigstoot en spiesgooi deel. Sy kuier saam met die skool se DP Badenhorst in die ateljee.
Jy het tot 3 Mei om aansoek te doen om 'n spesiale stem uit te bring met die komende algemene verkiesing. As jy bejaard of swanger is, op stemdag moet werk of weg van jou stemlokaal moet wees kan jy al 27 of 28 Mei gaan stem. Thea Rix verduidelik…
Die South African Council for Business Women (SACBW) het al takke in Nelspruit en Witrivier. Secunda het eersdaags hul eerste vergadering en Nkomazi is in die proses om gestig te word. Estelle Roe en Annelize Marais vertel meer oor die voordele van lidmaatskap en hul volgende netwerksessie.
Cameron Meyer het serebrale gestremdheid. Dit is egter nie iets wat hom terughou nie. Boonop is so spesiaal dat die rugbyspelers van sy skool, Penryn, en Uplands by die derby verlede naweek hom 'n speelkans gegee het, Hy kon selfs 'n drie gedruk. Hy kuier saam met Keagan du Preez,…
100.5FM saai môre regstreeks uit vanaf Blind Guys se nuwe vertoonlokaal wat hulle amptelik in Mbombela open. John le Roux gesels met Skedaddle.
26 Apr 2024
8 min
500 – 520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.