Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,975 Episodes
1820 – 1840

ToekomsVenster: As familie teleurstel

Gebed: Dankie dat U my nog ’n kans gegee het. Somtyds stel my eie mense my ook erg teleur. Help my om dan nie te vergeet wat U moes verduur nie. Amen.
17 Aug 2018 9AM 3 min

ToekomsVenster: Ek soek na meer

Waag dit om hierdie gebed van Jabes in geloof te bid. Jy sal verbaas staan oor wat die Here met jou in gedagte het.
17 Aug 2018 9AM 3 min

ToekomsVenster: Soos die golwe van die see

Dis nog nie ’n realiteit nie, maar jy tree op asof dit reeds gebeur het. Ons praat nie van voortvarendheid nie, maar ’n geankerdheid in die Woord en wil van die Here.
17 Aug 2018 9AM 3 min

ToekomsVenster: Aanhouer wen

Volhard in gebed. Bid sonder ophou. God toets ook die erns waarmee ons ’n saak benader. Vertrou Hom en bly bid en waak. Dis ook ’n vorm van geloof.
5 Aug 2018 3PM 3 min

ToekomsVenster: Kniel, lê of staan?

Bid soos dit vir jou gemaklik is. Bid gedurigdeur, terwyl jy op weg is werk toe of daarvan terugkom. Hewige verkeer is die ideale geleentheid om kalmte by die Vader te soek. Mag jy nuwe vryheid ontdek in die teenwoordigheid van die Een wat jou baie, baie liefhet.
5 Aug 2018 3PM 3 min

ToekomsVenster: Dodelik verbaas?

Die Bybel leer dat wie tot God nader moet glo dat Hy is en dat Hy ’n verhoorder is van die gebed (Hebreers 11:6).
5 Aug 2018 3PM 3 min

ToekomsVenster: Die dominee werk (soms)

Gebed: Vader, ek staan skuldig. Indien enigsins het ek nog nooit vir my dominee gebid nie. Ek kritiseer egter maklik. Vergewe my en staan hom by. Amen.
5 Aug 2018 2PM 4 min

ToekomsVenster: Een kerk in stukke

Gebed: Ai Here, ek kry skaam omdat ons so agterdogtig, kleinserig, selfsugtig en onbekwaam is. Ons maak dat die wêreld nie glo dat U die Seun van God is nie. Ons verdeel en is verdeeld. Omtrent oral. Verander ons harte.
5 Aug 2018 2PM 3 min

ToekomsVenster: Regtig, ’n hele nag?

Gebed: Here, ek sukkel om selfs langer as ’n paar minute intelligent en ononderbroke te bid. My gedagtes dwaal en ek dink aan soveel dinge. Help my om te konsentreer. Leer my om te bid.
5 Aug 2018 2PM 3 min

ToekomsVenster: Die Vaderhart

In Jesus egter is die pad na die Vader volledig herstel en het ons ’n adres waar ons ons diepste seer kan verwoord.
5 Aug 2018 2PM 3 min

ToekomsVenster: Somtyds heeltemal alleen

Die troos is dat daar ’n adres is waarheen jy kan vlug wanneer daardie alleenheid jou tref. God wag vir jou. Vertel Hom wat in jou lewe aangaan. Hy verstaan.
3 Aug 2018 10AM 2 min

ToekomsVenster: Die Heilige Gees is met jou

In die ou Testament het die Heilige Gees op sommige persone en met die oog op ʼn spesifieke taak gekom. In die Nuwe Testament word die Heilige Gees gegee aan elkeen wat Jesus as Verlosser en Here bely.
30 Jul 2018 10AM 4 min
1820 – 1840