Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,174 Episodes
600 – 620

Luister: Laat klokke beier vir Vervolgingsondag

Vicky Kente van Geopende Deure Suider-Afrika gesels nou met Maroela Media oor Vervolgingsondag wat vanjaar op 12 Junie herdenk word. Sy gee die getuienis van ʼn gelowige in Iran en verduidelik hoe jy die herdenking van Vervolgingsondag kan ondersteun.
10 Jun 2022 7 min

Witwarm seisoen van gunstelingsepie begin vanaand

Aanhangers van die gewilde Afrikaanse sepie, ‘Binnelanders’, kan solank die springmielies, winterkomberse en koppies warm sjokolade gereed kry, ’n splinternuwe seisoen van dié doktersdrama skop vanaand af.
6 Jun 2022 4 min

’n Gebed vir die Solidariteit Beweging

Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, het hierdie gebed vir die Solidariteit Beweging geskryf vir die dankdiens op 5 Junie tydens die Solidariteit Beweging se 120-jaar-feesviering. Rouel Beukes het voorlesing van die gebed behartig.
6 Jun 2022 6 min

Begrondingsgesprek: Carel Boshoff se nuwe boek 'Tuiskoms'

Carel Boshoff, die hoof van die Vryheidstigting, het onlangs sy nuwe boek “Tuiskoms: Waar ons vandaan kom en waar ons heen gaan” bekendgestel. In hierdie podsendingsepisode gesels dr. Wikus Buys van die Begrond Instituut en Paul Maritz met Boshoff oor sy nuwe boek.
31 May 2022 50 min

Reis veilig met jou vuurwapen

In hierdie laaste aflewering van Maroela Media se gesprekreeks oor vuurwapenveiligheid word daar gekyk hoe vuurwapeneienaars veilig met hul vuurwapens kan reis. Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society SA en stigter van Firearms.co.za, het met Esté Meyer Jansen hieroor gesels.
27 May 2022 6 min

Geopende Deure herdenk Vervolgingsondag

Vicky Kente, woordvoerder van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Maroela Media gesels oor Vervolgingsondag wat op 12 Junie vanjaar herdenk word. Sy het verduidelik hoe jy by die organisasie se bewusmakingsveldtog betrokke kan raak.
26 May 2022 7 min

Vuurwapenveiligheid vir ouers

Maroela Media het in hierdie aflewering van ons gesprekreeks oor vuurwapenveiligheid by Ian Cameron, ʼn kenner van gemeenskapsveiligheid, gaan hoor hoe ʼn mens vuurwapens veilig in jou huis kan berg terwyl daar kinders in die omtrek is.
20 May 2022 7 min

Wees ’n kreatiewe mentor vir jou kind

Dr. Kobus Neethling sê kreatiewe vaardighede sal bepalend wees vir ’n kind se sukses in die toekoms. Hy verskaf ook ’n paar wenke oor hoe om ’n kreatiewe mentor vir jou kind te wees.
13 May 2022 21 min

Luister: Bevoegdheidsertifikate vir vuurwapeneienaars

Ian Cameron verduidelik wat die werklike situasie betreffende vuurwapenlisensies in Suid-Afrika is, en waar dinge in hierdie proses wat veronderstel is om vuurwapenbesit veiliger te maak, dan nou verkeerd loop. Hy gee ook ʼn paar waardevolle wenke oor hoe om die hele proses van bevoegdheidsertifikate en vuurwapenlisensies vir jouself makliker…
13 May 2022 6 min

Dit is wat kuberkrakers, afpersers met jou data wil doen

ʼn Mens kan egter nie help om te wonder nie: wat maak ʼn Jan en San Alleman se private inligting dan nou so waardevol, wat kan kriminele daarmee doen, en kan ek en jy nog enigsins iets doen om ons inligting te beskerm? Maroela Media het onlangs met prof. Danny…
6 May 2022 21 min

Bekendes en hul kroos vier Moedersdag

“Ek glo die Heilige Gees fluister wysheid vir ’n ma. Ek dink die Here stel ma’s in staat om jou kind groot te maak, Hy ken hulle beter as wat ons doen.”
6 May 2022 7 min

SA gruwelfliek maak opslae

“Daar is veral ʼn baie sterk boodskap daarin oor wat die mensdom besig is om aan die natuur te doen.”
27 Apr 2022 10 min
600 – 620