GROOTfm 90.5 #LunchPunch met Francois van Rensburg

#LunchPunch met Francois van Rensburg

Vryheidliewend, passievol, selfaanwysend, nuuskierig, avontuurlik.
Francois van Rensburg weeksdae tussen 12:00 en 15:00
Monthly Afrikaans South Africa Music
784 Episodes
540 – 560

Gister Se Grotes: Bles Bridges 21 jaar later - 'n huldeblyk

Deur die jare het Bles Bridges diep spore getrap in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, maar veral ook in sy persoonlike hoedanigheid as mens. Hy is tot vandag toe nog die grootste Afrikaanse manlike verkoper in Suid-Afrika, met albumverkope van 3.2 miljoen kopieë. Familie, vriende & kollegas in die bedryf vorm deel…
28 Mar 2021 45 min

Lunch Punch: Leon Schuster & Leandie du Randt bring hulde aan Jimmy Abbott

Die voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen Jimmy Abbott (61) is Sondagaand omstreeks 20:40 in Heidelberg oorlede. Leandie du Randt (wat onlangs saam met hom gewerk het aan die kykNET gewigsverliesprogram 'Slank') & die filmmaker en komediant Leon Schuster bring hulde aan die groot man met die klein hart.
22 Mar 2021 5 min

Lunch Punch: Sean Williams van Live Life Always oor sy opruim-revolusie

Twee toegewyde omgewingsbewustes in die noorde van Johannesburg lei 'n opruim-revolusie om veral die Fourways- en Lonehill-gebied skoon te maak. Sean Williams en die voorheen werklose Lovemore Robson het binne drie maande meer as 143-duisend kilogram vullis verwyder. Sean gesels passievol oor hierdie inisiatief op Goeie Nuus Vrydag.
19 Feb 2021 7 min

Lunch Punch: Margit-Meyer Rödenbeck oor Red Die Boer

Die restaurantteater Die Boer in Durbanville speel al die afgelope 16 jaar gasheer vir ons land se voorste kunstenaars. Eienaar en aktrise Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla) vertel meer oor die Red Die Boer insamelingsveldtog.
3 Feb 2021 1 min

Lunch Punch: Muller Brandt oor Vriende van Landbou

Die sanger, Muller Brandt, het onlangs die liedjie 'Vriende van Landbou' vrygestel. Hy het 'n passie vir ons land se boere en is intussen aangewys as die ambassadeur vir Vriende van Landbou, 'n platform wat momentum verleen aan diegene wat hulle tyd, geld en kundigheid in die regte rigting wil…
27 Jan 2021 17 min

Lunch Punch: Morné Coetzee oor Vandag

Alhoewel hy al op vyrftien begin kitaar speel het en betrokke is by musiekbediening in sy kerk, het hy eers onlangs besluit om 'n kans te waag op sy musiekdroom as solokunstenaar. Hy werk ook as 'n fotograaf en grafiese ontwerper. Morné Coetzee het kom gesels oor sy motiverende enkelsnit…
25 Jan 2021 15 min

Lunch Punch: Rowan Stuart oor Queen Emily

Die sanger & liedjieskrywer, Rowan Stuart, reis al die pad van Kwazulu-Natal af vir 'n vertoning in Pretoria. In die proses maak hy GROOTfm deel van sy roete. Hy kom gesels oor sy nuwe enkelsnit vrystelling "Queen Emily" en bederf ons ook met 'n paar akoestiese liedjies op sy Cort-kitaar.
18 Dec 2020 26 min

Lunch Punch: Chandre Dear deel haar verhaal van hoop

Nadat sy luisteraars se harte aangegryp het tydens 'n baie emosionele telefoniese oomblik op lug tydens die Spar Blessing Giveaway, kom kuier Chandre Dear in die ateljee om die res van haar storie te deel…
17 Dec 2020 21 min
540 – 560