GROOTfm 90.5 #LunchPunch met Francois van Rensburg

#LunchPunch met Francois van Rensburg

Vryheidliewend, passievol, selfaanwysend, nuuskierig, avontuurlik.
Francois van Rensburg weeksdae tussen 12:00 en 15:00
Monthly Afrikaans South Africa Music
784 Episodes
520 – 540

Lunch Punch: Emile Welman van Overtone oor Sprokiesland

Emile Welman (vroeër van die groep Overtone) se eerste Suid-Afrikaanse enkelsnit as solo-kunstenaar is onlangs uitgereik. Hy vertel ook hoe sy pad met Clint Eastwood & sy destydse vrou, Dina, gekruis het. Luister na sy tuimeltrein-rit tot dusver…
14 Jun 2021 24 min

Gister Se Grotes: Vriende & kollegas onthou Shaleen Surtie-Richards

Mari Molefe van Heerden, Frans Swart, Casper de Vries, Heidi Bothma du Toit, Simon Rademan, Johny Klein, Hennie Smit & Lizz Meiring onthou vir Shaleen. Die veteraan aktrise is die afgelope week in die ouderdom van 66 oorlede. Haar staatsbegrafnis is op Sondag 13 Junie 2021 regstreeks vanaf Kaapstad op…
13 Jun 2021 12 min

Lunch Punch: Shaleen Surtie-Richards kort terugblik

Die geliefde aktrise Shaleen Surtie-Richards se liggaam is Maandagoggend op 66-jarige ouderdom in ‘n gastehuis in Kaapstad gevind. Hier is ‘n kort terugblik na een van haar gesprekke met GROOTfm tydens die ‘re-run’ van die immergewilde teaterproduksie “Fiela Se Kind” wat ‘n paar jaar gelede weer deur Lefra Produksies op…
7 Jun 2021 1 min

Lunch Punch: Margit Meyer-Rödenbeck groet Dowwe Dolla

Margit Meyer-Rödenbeck, veral bekend as Dowwe Dolla, is aktrise, komediant, sosiale kommentator en teatervervaardiger. Margit en Dolla kom vir middagete en vertel hoekom Dolla haar stilettos ophang na meer as twee dekades van opvoerings.
19 May 2021 31 min

Lunch Punch: Dowwe Dolla oor Nou Of Nooit in Atterbury Kollig

Dowwe Dolla het beplan om einde 2020 haar stiletto’s op te hang en haar lollie op Gumtree te verkoop, maar antie Corona en haar niggie Nkosozana het haar koebaai-waai effe vertraag, maar vandag is Dolla terug met ‘n vertoning in Pretoria, Nou Of Nooit, Woensdagaand 19 Mei en Dinsdagaand 25…
14 May 2021 10 min

Lunch Punch: Herman Kleinhans oor Dankie - 'n liedjie vir sy ma

Die talentvolle musikant Herman Kleinhans het 'n spesiale liedjie vir sy ma geskryf en hy stel dit vry voor Moedersdag. Die liedjie was aanvanklik in sy kamer opgeneem, maar die reaksie daarop was so oorweldigend dat hy besluit het om 'n professionele opname te maak en uit te reik.
19 Apr 2021 10 min

Lunch Punch: André Schwartz oor Magical Musicals saam met Leah in Atterbury Kollig

Wanneer André Schwartz en Leah se stemme een word in hul produksie, Magical Musicals, sal die gehoor meegesleur word na die fantasiewêreld van die grootste musiekblyspele soos hul bekroonde treffers vertolk. André sluit telefonies by Francois van Rensburg in die Lunch Punch aan om meer te vertel oor hierdie verhoogproduksie.
16 Apr 2021 4 min
520 – 540