Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,594 Episodes
40 – 60

Welkome "gewone" dag op die JSE

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, deel sy mening oor die markbewegings, Donald Trump se waarskuwing aan Jerome Powell, voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad, Mahindra se planne om sy bedrywighede in Suid-Afrika uit te brei, en ClearScore se hoofkwartier in Kaapstad.
15 Apr 11AM 7 min

Wat beteken SA se nuwe KI-beleid?

Ahmore Burger-Smidt, hoof van regulatoriese sake en direkteur van mededinging by Werksmans Prokureurs, verduidelik wat die nuwe KI-beleid behels.
14 Apr 11AM 6 min

Discovery se kliënte die gelukkigste in SA

Prof. Adré Schreuder, buitengewone professor en hoof van klante-ervaring aan die University of Pretoria, verduidelik hoe hulle die Bankkliënte-ervaring-indeks saamstel, hoe Discovery Bank die eerste plek behaal het, en hoe hulle lojaliteit teenoor handelsmerke meet.
13 Apr 11AM 9 min

Markte loer vir die Straat van Hormoes

Theo Vorster, medestigter van Galieo Capital, gesels oor die markte se reaksie op die VSA se blokkade van Iranse hawens, Sasol se aandeelprysbewegings en Franse beleggers wat beboet is vir binnehandel.
13 Apr 11AM 10 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Jannie Louw, welvaartbeplanner by Portfolium, en Amelia Morgenrood, aandelemakelaar by PSG Wealth Faerie Glen, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
10 Apr 11AM 17 min
40 – 60