Raising a Prince, The joy of rearing a whole man

Loading player...
In hierdie aflewering van Met hart & siel gesels Christine Ferreira met ingenieur, spreker, lewensafrigter en skrywer, Gail Jacobs, oor haar boek Raising a Prince The joy of rearing a whole man, Trudie van Tonder gaan vertel oor die Kuier-kuier Kersmark wat binnekort in Kimberley plaasvind, kunstenaar-predikant Marius Jooste gaan gesels oor ‘n besonderse tuinprojek in Port Elizabeth en prof. Karen de Wet en prof. Heilna du Plooy vertel oor die nuwe 2020 Bybelvertaling deur die Bybelgenootskap.
17 Nov 2020 Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement

Other recent episodes

Salwingsolies: Meer as 'n Tradisie

Van die vroegste bladsye van die Bybel af speel olie 'n besondere rol. Konings is met olie gesalf. Priesters is toegewy met olie. Siekes is genees met olie. En tot vandag toe dra salwingsolies 'n diep geestelike betekenis wat baie van ons nog nooit ten volle verstaan het nie. Christine…
21 Apr 1 hr 31 min

Gebore vir 'n tyd soos hierdie

Ds. Schalk Strauss kuier in die ateljee om te gesels oor Gebore vir ‘n tyd soos hierdie ‘n Kommentaar oor die boek Ester. Eric Swanepoel vertel meer oor die werk van The World Needs a Father en Talitha Oosthuizen, huidiglik die eerste prinses in die Mev. Suid-Afrika-kompetisie, vertel van die…
14 Apr 1 hr 37 min

Die geheime van effektiewe gebed

Prof. Stephan Joubert gesels oor die geheime van effektiewe gebed. Wendy Maartens vertel meer oor haar jongste boek Spreuke vir kleingoed en Landbouweekblad se kosredakteur Arina du Plessis gesels oor die gesondsheidsvoordele van varkvleis en deel ‘n paar wenke en resepte vir die gaarmaak van hierdie veelsydige vleissoort.
7 Apr 1 hr 33 min

Die hart van die Pase

Pastoor Marielle de Vos gesels oor die hart van die Pase. Dr Cobus Janse van Nieuwenhuizen gesels oor ‘n Bybelse perspektief op die behandeling van trauma.
31 Mar 1 hr 44 min

Stutterheim, lugbraaierwenke en 'n historiese roman

Willem en Renee de Beer vertel oor hoe die Here hul van Texas in die VSA na Stutterheim in die Oos-Kaap geroep het. Louisa Holst gee wenke vir die skep van vinnige maaltye in jou lugbraaier en skrywer Malene Breytenbach vertel meer oor haar jongste Christelike historiese roman Die vrywilligers.
24 Mar 1 hr 32 min