Capital Singers: Duisend stemme sing saam met bekendes

Loading player...
Die spreekwoord lui wel dat daar niks nuuts onder die son is nie, maar in Pretoria skitter ʼn trotse wêreld-eerste op die horison – die Capital Singers se feesprogram in die Sun Arena Time Square getiteld Noël. Michael Barrett en Christo Burger, regisseurs en dirigente van die Capital Singers, het in Maroela Media se ateljee kom kuier. Barrett en Burger het meer vertel oor die koor en wat hulle met Noël beplan het.
26 Nov 2019 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

‘Jy is wat jy eet,’ sê dokter oor diabetes

In die eerste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor diabetes, werp dr. Marlé van der Merwe lig op die verskille tussen tipe 1- en tipe 2-diabetes, asook tekens van dié siektetoestand.
5 Sep 17 min

Nádine gee Karin Hougaard-treffer nuwe asem

Die sprankelende sangeres vertel in Maroela Media se ateljee sy het aanvanklik net beplan om die liedjie op Steve Hofmeyr se Ikoon-konsert te sing en het nooit gedink sy gaan dit opneem nie.
1 Sep 14 min

Pieter Koen terug agter mikrofoon

“Belangrikste van alles was dit vir my ʼn manier om hulde te bring aan ʼn goeie vriend, asook een van die beste Suid-Afrikaanse kunstenaars van sy era.”
29 Aug 10 min